Leesplan inligting

Infinitum Gesin Advent, Week 4Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 4

DAG 2 VAN 5

Jesus se tannie sou 'n baba gekry het nog voor Jesus se geboorte, alhoewel sy te oud was daarvoor (maar God laat buitengewone dinge gereeld gebeur!). Toe Elisabet (Jesus se tannie) gehoor het sy gaan 'n baba hê, het sy dadelik geweet die baba is God se wonderwerk, maar Jesus se oom, Sagaria, het gesukkel om te glo dat God so iets kon doen. Ons moenie hom daaroor beoordeel nie. Ons sou sekerlik dieselfde gedoen het! God het nog iets buitengewoon gedoen toe Sagaria getwyfel het. God het sy stem weg gevat! WAT?! So iets kan gebeur?


Jy kan dalk dink dat God teleurgesteld was en dit gebruik het om Sagaria te straf, maar dis nie hoe Sagaria dit waargeneem het nie. Ek is seker dit was baie moeilik om vir maande lank nie te kon praat nie, maar alhoewel ons nie weet hoe Sagaria tydens daardie maande gevoel het nie, weet ons dat die eerste ding wat hy gedoen het toe God sy stem vir hom terug gegee het was om GOD TE DANK! Sjoe. Wie kon raai?!


Hier volg 'n interessante deel van die verhaal: Sagaria het sy stem gekry nadat sy seun gebore is en Sagaria het saam met God en Elisabet gestem dat die baba se naam Johannes sal wees (hierdie was 'n vreemde besluit aangesien die babas in daardie dae vernoem is na familie en daar was nie 'n Johannes nie).


Hierdie baba het 'n wonderlike prediker geword. Hy het MILJOENE mense van Jesus vertel, hulle hoop gegee en gehelp om God se plan vir hul lewens te volg. Dit was nie net sy naam wat "vreemd" was nie. Sy voedsel en kledingstuk keuses was ook vreemd. Hierdie vreemde (Johannes) en buitengewone (God) het nogal baie in gemeen; God was lief vir Johannes se vreemdheid en het graag saam met hom gewerk.


Sagaria het nie dit alles geweet toe Johannes nog 'n baba was nie! God het egter. Sagaria het gesukkel, soos wat ons ook partykeer doen, om op dieselfde bladsy te kom met God se buitengewone planne, want ons weet nie hoe die verhaal gaan eindig wanneer ons aan die beginpunt is nie.


Daarom moet ons ons gedagtes oefen om ons te help om God te vertrou al maak niks sin nie. Byvoorbeeld, kom ons sê 'n vakansie wat jy vir maande lank beplan het, word gekanselleer ... Kan jy dink vir watter rede of twee dit God se buitengewone werk kon wees?


Wat as jou onderwyser jou in 'n groepstaak sit saam met iemand waarvan jy nie hou nie ... Is dit dalk God se buitengewone werk?


Wat van jou ma kry 'n werk in 'n ander provinsie en julle moet binne die volgende paar maande trek ... Is dit God se buitengewone werk?


Al is hierdie situasies nie waar nie — of al was dit nie God wat vir jou onderwyser gesê het om daardie persoon in jou groepstaak te sit nie — oefen die heeltyd om God se buitengewone werk in jou lewe raak te sien. Dit sal jou leer om op dieselfde bladsy as God te wees wanneer Hy sy buitengewone take in jou lewe kom verrig.


Is daar nou 'n situasie in jou lewe waar God dalk besig is om iets buitengewoon te doen?


Kan jy jouself indink hoe God iets buitengewoon in jou "Kersverhaal" kan doen hierdie jaar?


Probeer wat met Sagaria gebeur het. Bly saam met jou vriende en gesin stil vir een minuut ... was dit moeilik? Hoekom?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 4

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Wor...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid