Leesplan inligting

Vyande van die HartVoorbeeld

Enemies Of The Heart

DAG 2 VAN 5

Andy Stanley: Vyande van die Hart


Oordenking Dag 2


"Om te Bely"


Skrifgedeelte: 1 Johannes 1:5-10



Die eerste vyand van die hart is skuldgevoelens. Skuldgevoelens ontstaan wanneer ons iets doen wat ons as verkeerd beskou. Die boodskap van 'n hart wat swaar met skuld gelaai is, sê: "Ek skuld iets!"


Dink na oor die man wat met 'n ander vrou wegloop en sy gesin verlaat. Sonder om dit op daardie oomblik te besef, steel hy iets van elke lid van sy gesin. Hy het sy vrou beroof van haar toekoms, haar finansiële sekuriteit, en haar aansien as 'n vrou. Vanuit sy kinders se oogpunt, het hierdie man hulle Kersfees, tradisies, emosionele en finansiële sekuriteit, gesinsmaaltye, ensovoorts gesteel.


Die man wat dit egter gedoen het, dink nie aan wat hy alles gevat het nie. Aanvanklik dink hy net aan wat hy gekry het. Die eerste keer wat sy klein dogtertjie hom vra hoekom hy nie meer vir Mamma lief is nie, word sy hartsnare geroer. Nou voel hy skuldig. Pa skuld iets.


Niks anders as om daardie skuld te betaal, sal 'n hart se skuldlas verlig nie. Mense probeer om daarvan ontslae te raak deur te werk, te dien, te gee, selfs te bid. Geen hoeveelheid goeie dade, gemeenskapsdiens, liefdadigheid of Sondae op 'n kerkbank, kan verligting van skuldgevoelens bring nie. Dit is 'n skuld. Dit moet betaal of gekanselleer word sodat 'n skuldige hart verligting kan ervaar.


Hoe kry jy skuldgevoelens gekanselleer? Die antwoord is in een van die eerste Bybelverse wat ek as kind gememoriseer het: "As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is" (1 Johannes 1:9 NLV).


Belydenis het die mag om die kringloop van sonde te verbreek. Soos die meeste medisinale middels, werk dit wanneer dit behoorlik toegepas word. Behoorlike toepassing vind plaas wanneer ons ons sondes bely, nie net teenoor God nie, maar ook teenoor die mense teen wie ons gesondig het.


Skuldige mense herhaal gewoonlik hulle oortredings. En solank as wat jy 'n geheim met jou saamdra, solank as wat jy probeer om jou gewete te sus deur God te vertel hoe jammer jy is, berei jy jouself voor om die verlede te herhaal. As jy egter jou sondes begin bely aan die mense teenoor wie jy gesondig het, is die kanse goed dat jy nie weer dieselfde sondes gaan pleeg nie.

Bely teenoor beide God en andere, en jy sal die vyand van jou hart doodmaak.


Waaroor voel jy skuldig? Bely jou sonde teenoor God en wie jy ook al seergemaak het. Doen dit vandag.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Enemies Of The Heart

Net soos `n fisiek ongesonde hart jou liggaam skade kan berokken, so kan `n emosioneel en geestelike ongesonde hart ook jou en jou verhoudings skade berokken. Laat toe dat Andy Stanley jou vir die volgende vyf dae help o...

More

Baie dankie aan Andy Stanley en Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: bit.ly/2gNB92i

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid