Leesplan inligting

Hoe Gaan Dit Met Jou SielVoorbeeld

How's Your Soul

DAG 4 VAN 5

Waaraan Hou My Siel Vas?

Onlangs het ek 'n ondervinding gehad op 'n vliegrit, wat 'n diep indruk op my gemaak het. Ek was in 'n vliegtuig oppad van Seattle na Los Angeles. 'n Paar minute voor ons sou land, het ons baie erge turbulensie ondervind. Dit was angswekkend. Ek was al op moeilike vlugte, maar hierdie een was op 'n ander vlak. Die vliegtuig het meteens ongeveer 160 meter geval, en begin rondbons. Drankies het uitgespat, mense het geskree en selfs die personeel was paniekerig.

Die man langs my het soos 'n belangrike sakeman gelyk. Hy het 'n pak klere aangehad, 'n skootrekenaar en die houding wat daarmee saamgaan. Voor ons opgestyg het was hy al besig op sy rekenaar en die manier waarna hy na my geskeurde jeans gekyk het, het my laat besef hy is nie beïndruk met my nie.

Maar binne sekondes het hierdie man van houding verander en was 'n angsbevange ou mannetjie. Sy kneukels was wit soos hy aan die armleunings vasgeklou het. Hy het al hoe harder geskree elke keer as die vliegtuig stamp en sak.

Ek kan hom nie kritiseer nie: ons almal was bang. Ek het egter al gehoor dat geen vliegtuig al ooit neergestort het as gevolg van turbulensie nie en ek het die persoon geglo wat dit vir my vertel het. Die turbulensie het begin terwyl ek besig was om vir 'n preek voor te berei. Ek was in kontak met God. Vir dalk die enigste tyd in my lewe was ek 'n emosioneel stabiele persoon in 'n moeilike situasie. Toe ons uiteindelik veilig land, het die passasiers spontaan hande geklap.

Ek het dae lank nog oor die voorval nagedink. As jy absoluut hopeloos voel, ondersoek jou siel en bedink waar jou sekuriteit vandaan kom en waarop jou hoop gevestig is.

Die logiese manier om veilig te voel is om meer in beheer te wees. Jy moet vir elke gebeurlikheid beplan en voorsiening maak vir alle omstandighede. Dit is egter nie realisties nie. Om te beplan is nie sleg nie, maar jou eie beplanning is nie voldoende nie.

Hoekom was ek so rustig tydens die vlug? Wat het my siel help vertrou en laat ontspan in die angswekkende situasie? Dis eenvoudig: Ek het geweet dat God in beheer was van my siel. Ek het geweet my lewe was in sy hande. My siel kon aan daardie hoop vashou, ongeag die eksterne warboel.

In die antieke geskrifte van Jesaja, sê God vir Israel: "As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê." (Jesaja 30:15)

Ons siele word gehelp as ons op God vertrou en nie op ander dinge nie. Dan ondervind ons ware rus, redding en krag.

Dit beteken nie dat ons gedagtes en emosies nooit sal wissel nie. Hulle sal. Ek sal dalk nie weer so emosioneel stabiel wees in 'n soortgelyke situasie nie. Maar ten spyte van eksterne warboel, kan ons siele rustig wees. Ons siele vind hulp en krag in God.

Reageer hierop

Hoe voel jy en reageer jy as 'n situasie buite jou beheer is?

Hoe maklik vertrou jy op God? Is dit party kere moeiliker?

Hoekom is jy rustig as jy weet God is in beheer in vergelyking met jou eie pogings om in beheer te probeer wees?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How's Your Soul

Judah Smith help lesers om hulle siele te ondersoek en te voed, terwyl hulle nader aan God groei.

Baie dankie aan Judah Smith en HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://amzn.to/2pdMMQF vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid