Leesplan inligting

Hoe Gaan Dit Met Jou SielVoorbeeld

How's Your Soul

DAG 2 VAN 5

Hoe Bly My Siel Gesond?

My pa was nie net 'n gholfspeler nie, hy was 'n gholf evangelis. Sy doel in die lewe was om soveel mense as moontlik te kry om gholf te speel. Hy het meer passie en liefde vir die sport gehad as enigiemand wat ek ontmoet het. As hy uitgevind het jy het 'n geringe belangstelling in gholf, het hy jou nie net genooi om saam met hom te speel nie, maar hy het ook vir jou spel betaal, en 'n paar balle en hemp gekoop. Later sou hy selfs vir jou 'n stel gholfstokke koop.

Hy kon met gemak mense se verskonings in die wind slaan. My gunsteling is wanneer mense sou sê hulle sou graag wou speel, maar dat hulle nie die tyd het nie. Vyf ure is te lank!

My pa sou antwoord dat dit juis die idee was.

"Hoe bedoel jy dat jy te besig is om gholf te speel. As jy nie 'n halwe dag kan afstaan om op die gholfbaan rond te loop, die vars lug in te asem, die ongelooflike omgewing waar te neem en jouself te verfris met geure en geluide van die natuur nie, is daar 'n probleem met jou program. As jy nie tyd vir gholf het nie, is dit 'n bewys dat jy dit nodig het."

Hoe ouer ek word, hoe meer waardeer ek my pa se standpunt. Ons siele moet gereeld rus. Jou siel benodig aftye. Dis nodig dat jy afskakel van die besige lewe. Psalm 127:2 sê die volgende: "Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap." Harde werk is beslis 'n deel van die lewe. Ek is nie teen werk, inspanning of uitputting nie. Daar is tye wanneer ons lank en hard moet werk en ons rus daaronder ly.

Ons kan dit egter nie 24/7 volhou nie. Ons het gereelde rus nodig. Ons filosofie en uitkyk op die lewe moet die volgende wees: "Ek het nie al die antwoorde nie en dis reg so. God het al die antwoorde. Hy kan meer doen terwyl ek slaap as wat ek kan doen terwyl ek wakker is. Ek gaan dus net my bes doen en ek gaan berus in die feit dat God in beheer is."

God wil natuurlik hê dat ons siele ook rus sal vind en nie net ons liggame nie. Die twee hou egter verband met mekaar. Dis moeiliker om rustig te wees van binne as jy nie ook van buite af rustig is nie. Dis ook makliker om uiterlike druk en probleme te hanteer as jou siel gesond en ontspanne is.

Vrede insinueer nie dat jy sonder probleme is nie. Dit is die teenwoordigheid van Jesus wat vrede bring. Hy is die enigste bron van rus. Hy het vir sy volgelinge gesê: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed." (Matteus 11:28-29).

Reageer hierop

Wat doen jy om te ontspan en hoe gereeld doen jy dit?

Watter invloed het te veel spanning op jou emosies, liggaam en gees?

Wat beteken dit vir jou dat Jesus die bron van ware rus is?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How's Your Soul

Judah Smith help lesers om hulle siele te ondersoek en te voed, terwyl hulle nader aan God groei.

Baie dankie aan Judah Smith en HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://amzn.to/2pdMMQF vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid