Leesplan inligting

Leer Geestelike BeginselsVoorbeeld

Learning Spiritual Discipline

DAG 1 VAN 4

DIE GEESTELIKE BEGINSEL VAN VAS



PRAAT MET GOD

Dank God dat Hy elke dag in jou daaglikse behoeftes voorsien. Vra die Heilige Gees om jou te help om meer van God se vrygewigheid bewus te word.



KOM ONS BEGIN

Skryf die volgende woorde op aparte stukkies papier: buitemuurse aktiwiteite, speelding of elektroniese apparaat, peuselhappie, drankie, TV program. Vou die papiertjies toe en sit dit in 'n houer. Elke persoon kry nou 'n beurt om een papiertjie uit te haal, die woorde te lees en sy gunsteling ding in daardie kategorie te noem. Bespreek hoe moeilik of maklik dit sal wees om vir 'n rukkie van daardie een ding afstand te doen.



KOM ONS DELF DIEPER

Om te vas, is om iets wat jy geniet, of nodig het, vir 'n sekere periode van tyd op te gee. Vas was baie algemeen in die Ou Testamentiese tyd. 'n Hele nasie het gevas as hulle God se hulp of leiding nodig gehad het (2 Kronieke 20:3 en Jona 3:5). In die Nuwe Testament (Matteus 4:2) lees ons dat Jesus gevas het en in Matteus 6:17-18 lees ons dat sy dissipels ook gevas het. (Dit is nie 'n goeie idee vir klein kindertjies of verwagtende vroue om te vas nie. Hulle kan iets anders prysgee wat hulle graag wil hê of van hou.) Vas behoort 'n normale deel van ons lewens te wees. So kan jy jou tyd gebruik om jou aandag op God te fokus. Jou geloof sal versterk word as jy vas met gebed en Bybelstudie kombineer. Jy sal ook meer op God se krag staat maak.



GESELS MET MEKAAR

–Noem sommige van die voordele van vas.

–Hoe kan vas jou nader aan God bring?

–Noem een ding wat jy geniet wat jy vir 'n dag lank kan prysgee?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Learning Spiritual Discipline

Met hierdie leesplan sal jy en jou kinders geleentheid kry om vier geestelike beginsels te ontdek: vas, meditasie, Bybelstudie en aanbidding. Jy sal aangemoedig word om eerlike gesprekke te hê oor die uitdagings of beoef...

More

We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid