Leesplan inligting

Alles Gaan Ok WeesVoorbeeld

Alles Gaan Ok Wees

DAG 4 VAN 4




DAG 4 - WAT PRAAT JY?

Praat is lekker en dit is een van ons beste maniere om te kommunikeer. Ons hou daarvan om met mense te praat en ons opinies te lug. Sommige mense hou ook baie van hulle eie stemme en kan nie ophou praat nie. Daarom voel ons baie keer gefrustreerd, want as jy nie lus is vir gesels nie dan is iemand anders se woorde soms net klanke wat ons hoor en kan dit ‘n geraas wees. Het jy egter al ooit gaan sit en dink; as daardie persoon nie meer daar is nie, gaan die geselskap heel moontlik gemis word.

Dan is daar natuurlik die groot gunsteling. Hoeveel keer het ons nie al met onsself gepraat nie. “Moenie dit dink nie” en “moenie dit sê nie”.

Daar is baie kere waar ons onsself moet motiveer en herinner aan wat God gesê het.

Daar kom ‘n tyd wanneer ons met onsself moet praat. Ek weet dit kan vreemd voorkom en of jy mediese hulp nodig het, maar daardie gesprekke wat jy met jouself praat is die gesprekke wat ons soms nodig het om wakker te skrik om iets te begin doen. Persoonlike Motivering

Psalm 39:2 Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie.”

Ons moet versigtig wees met ons tonge en nie roekeloos nie. Soms is die beste dinge wat jy kan doen om jou tong stil te hou. Moenie dood oor jou seëninge spreek nie.

Alles gaan ok wees.

Wanneer ons te midde van die probleem is, wil ons ons mond in vrees uitspoel. Gewoonlik is al daardie woorde dan gemik op die negatiewe. “Hoe gaan ek hier uitkom", "Hoe gaan ek dit maak” of “Daardie persoon dink sleg van my.”

Die situasie kan van so aard wees dat ons dood spreek oor ons oorwinning. Ek wonder soms of die meeste van ons beloftes wat die Here vir ons het, nie al sou plaasgevind het nie , was dit nie vir die dood wat ons spreek nie. Wat sê jy in jou moeilike tye.

Ons kan een van twee dinge spreek:

1) Ons kan God op sy Woord neem en sy beloftes verklaar.

2) Ons kan dood spreek oor al ons storms.

Niemand wil verloor in 'n storm nie, tog is daar so baie mense wat in elke situasie net dood spreek. Jy gaan kry wat jy uitspreek. Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor.

Praat met jouself uit God se Woord. Vul jouself met God se Woord sodat jou hart gevul kan wees met goedheid en met woorde van seën.

Kyk na jouself in die spieël en verklaar God se Woord oor jou lewe. ALLES GAAN OK WEES.

Mag ons elke dag oorweeg wat ons sê en wat by ons monde uitkom. Spreek lewe!!!

Alles gaan ok wees. Praat reg!!!

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Alles Gaan Ok Wees

Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedag...

More

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://ligenlewe.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid