Leesplan inligting

Alles Gaan Ok WeesVoorbeeld

Alles Gaan Ok Wees

DAG 2 VAN 4




DAG 2 - VAN WRAK TOT OORWINNING

Ons almal gaan deur omstandighede waar ons voel ons is op breekpunt. Ons trane sit vlak en dit voel of ons nie die anderkant gaan sien nie. Die lewe bring houe na ons kant toe wat ons nie weet hoe om te hanteer nie. Jy mag dalk vandag daar wees. Jy mag dalk vandag voel of die lewe een te veel is.

Ek wil jou vandag bemoedig en jou wys op een van baie verhale wat ons lewe met opgewondenheid kan vul en ons kan help om een voet voor die ander te sit. Die wêreld hoef ons nie onder te kry nie. Ten spyte van ons omstandighede kan ons die oorwinning geniet wat ons Vader vir ons gee.

Sien wat God sien. Hoor wat God sê en leef wat God wys.

(Ruim tyd in en lees die Skrifgedeelte en hoor wat die Here vir jou sê.)

Om in ‘n storm te wees kan die beste van ons onderkry. Storms word nie verniet ‘n storm genoem nie. Dis woes, deurmekaar, hard, koud en ontbreek aan elke bietjie gemak wat ons kan beleef. Die Bybel is vol stories wat oor storms gaan, want ek glo die Here wil vir ons wys dat Hy in elke storm teenwoordig is en dat ons nooit alleen is nie. Storms kan oorwin word.

Handelinge 27:13-44

In Handelinge sien ons hoe die weer skielik verander het. Soos storms van die lewe kan jy jouself baie vinnig in diep water bevind. Wanneer storms kom ,is ons geneig om alles oorboord te gooi. Ons maak die storm groter as wat dit veronderstel is om te wees. Ons fokus moet verander. Ons moet ons oë op God gerig hou.

Wanneer ons na die stem van God luister, kan dit ons van baie probleme in die toekoms beskerm. Alles rondom jou mag vergaan, maar God gee lewe. God sal jou nooit alleen los nie. Net soos wat God vir Paulus 'n boodskap gegee het om vir hom die situasie te verduidelik, so wil die Here jou ook help. Ons moet leer om rustig te word in die storm en toe te laat dat God ons help. Sy plan om uit die storm te kom is beter as ons plan. Ons kyk na die storm terwyl God na die geleenthede anderkant die storm kyk.

God gee hoop. Hy is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie. Hy is God en daarom kan ons Hom vertrou.

Paulus het eers die wrak en storm ervaar voordat hy by die oorwinning uitgekom het. Van die begin af was die plan dat hy die keiser en Romeine van Jesus moes vertel. Hou vas aan God se beloftes.

Die vyand het alles probeer om die boodskap of opdrag van God te keer. Die storm, toe die wrak, 'n slangbyt, maar aan die einde van dit alles, die lewe. Die oorwinning.

Alles gaan OK wees. Jy mag dalk vandag ‘n wrak wees, maar oorwinning is jou voorland. Dit mag nou donker en sonder hoop wees. Hou vas aan die Woord van God soos Paulus gemaak het en sien die oorwinning.

Alles gaan ok wees!!! Sien die oorwinning!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Alles Gaan Ok Wees

Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedag...

More

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://ligenlewe.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid