Leesplan inligting

Ek Bid Vir My HuwelikVoorbeeld

Ek Bid Vir My Huwelik

DAG 2 VAN 5

Bid vir volgehoue hoop en geloof in die God van wonderwerke

Here, ek dra my huwelik aan U op. Mag dit alles word wat U wil hê dit moet wees. Ek is oortuig dat U selfs in tye van seerkry of misverstande magtig is om alles wat U aan my toevertrou het, te bewaar en in stand te hou (2 Timoteus 1:12).

Ek bid dat U my en my man (vrou) sal help om, veral wat ons verhouding betref, nooit slagoffers van hooploosheid te word nie. Help ons om altyd ons hoop op U te vestig, want U is ons hulp en beskerming (Psalm 33:20).

Vou ons toe in u troue liefde en guns (Psalm 33:22). Here, ek vertrou en glo dat U ons sal help om ons huwelik, wat U vir ons gegee het, tot U eer in te rig (Psalm 37:9).

Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ek Bid Vir My Huwelik

Of jy jou huwelik wil beskerm teen dié dinge wat dit kan beskadig of vernietig en of jy jou verhouding wil heelmaak en herstel waar dit beskadig of seergemaak is, hierdie gebede is vir jou. As jy nie moed opgee nie, kan ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid