Leesplan inligting

Jy Is UniekVoorbeeld

Jy Is Uniek

DAG 4 VAN 6

Die oorlog tussen my ore

Waar dink jy word die meeste oorloë in die wêreld gevoer? Ja, in ons gedagtes. Ons moet ons koppe vul met goeie gedagtes - goeie gedagtes omtrent God, omtrent onsself, omtrent ander en omtrent die lewe.

Jou verstand werk baie soos ‘n rekenaar: dit waarmee jy dit programmeer, bepaal hoe dit sal werk. Jou selfbeeld is die databasis wat jy oor tyd van jouself opgebou het. Dink daaroor, jy het die kragtigste rekenaar in die hele wye wêreld, maar as jy dit programmeer met die verkeerde sagteware of verkeerde inligting, sal dit nooit funksioneer soos die Vervaardiger dit bedoel het nie.

Ons is natuurlik bewus daarvan dat daar ontelbaar baie virusse is wat in die kuberruimte rondsweef, wat net wag vir ‘n geleentheid om jou rekenaar se hardeskyf te vernietig en die inligting wat daarop gestoor is uit te vee. Sulke virusse kan in ‘n rekenaar wat niks makeer nie, inkom en die sagteware beskadig. Kort voor lank sal die rekenaar nie meer reg kan funksioneer nie. Soms stuur jy die virus onwetend aan na ‘n vriend of kollega toe en so besmet jy ook hulle stelsel.

Op ‘n soortgelyke manier laat ons toe dat negatiewe gedagtes, woorde en ander aaklige virusse ons gedagtes binnekom en ons “sagteware” op ‘n subtiele manier verander.

Ons is na die beeld van God geskep. Voor ons gebore is het Hy ons geprogrammeer om oorvloedige, gesonde, gelukkige lewens te lei en heel te wees. Wanneer ons denke egter besmet word, is dit nie langer in lyn met die Woord van God nie. Ons maak ernstige foute en verkeerde keuses. Ons gaan deur die lewe met ‘n lae selfbeeld, vrese, bekommernisse, gevoelens van onwaardigheid en onsekerheid. Om dinge nog erger te maak, dra ons ons negatiewe gesindheid oor aan ander.

As jy besef dat dit gebeur, moet jy jou rekenaar herprogrammeer. Herinstalleer God se program. Verander jou denke. God het jou gemaak en Hy het jou geprogrammeer vir oorwinning.Voordat jy egter nie jou denke in lyn kry met jou Eienaarshandleiding, naamlik God se Woord nie, sal jy nooit funksioneer na jou volle potensiaal nie.

Gebed: Here, maak asseblief my gedagtes nuut. Vul my gedagtes met dit wat goed, mooi, rein en opbouend is. Amen.

Doen: Wanneer jy jouself vandag vang dat jy iets negatief of afbrekend omtrent jouself of ander dink, STOP en vervang dit onmiddellik met iets positief.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jy Is Uniek

Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met d...

More

Ons wil graag die NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid