Leesplan inligting

Jy Is UniekVoorbeeld

Jy Is Uniek

DAG 2 VAN 6

Hoe sien God my?

Wanneer ons oor selfbeeld praat, koppel ons dit dikwels aan ons vermoëns – dit wat ek kan doen of nie kan doen nie, byvoorbeeld: “Ja, ek kan koek bak of nee, my koeke is altyd ‘n mislukking; ek is goed met syfers of nee, ek kan skaars 2 en 2 bymekaar tel; ek verdien baie geld of nee, ek werk vir kleingeld; ek is ‘n besturende direkteur of o aarde, nee, ek is net my kinders se taxibestuurder.”

Lees Jeremia1:4-10

“Die woord van die Here het tot my gekom. Voordat Ek jou in die moeder-skoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. Ag, Here my God," het ek geantwoord, "ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk." Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: "Ek is te jonk" nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het. Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.”

In Jeremia sien ons dat ‘n akkurate beeld van wie jy is, verkry word wanneer ons verstaan watter beeld God van ons het. Toe God vir Jeremia sê dat hy vir Hom baie waardevol is en dat Hy groot planne vir Jeremia se lewe gehad het, het Jeremia dadelik geprotesteer. Hy het gesê: “Here ek is net ‘n kind, hoe kan ek van waarde wees vir U?” (Klink dit nie baie na hoe Moses en Gideon geprotesteer het nie?) Die Here het egter gesê: “Moenie sê ek is net ‘n kind nie. Jy moet na almal toe gaan wat ek jou na stuur en sê wat ek jou ook al sê om te sê.”

Jeremia het homself nie as waardevol gesien nie, maar die Here het hom as uiters waardevol gesien. God het planne vir Jeremia gehad wat hy nie kon verstaan nie. Sy waarde het nie gelê in hoe hy homself sien, of hoe ander hom sien nie, maar in hoe God hom gesien het. In jou eie oë mag jy vir jouself nie baie belangrik lyk nie, maar dis wie jy in God se oë is wat regtig saak maak.

Gebed: Dankie Here, dat U my so hoog ag; hoog genoeg om my U kind te noem. Help my asseblief Here om vandag so te lewe dat ek eer aan U bring en U bly maak. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jy Is Uniek

Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met d...

More

Ons wil graag die NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid