Leesplan inligting

Intensionele LeierskapVoorbeeld

Intensionele Leierskap

DAG 9 VAN 9

9. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Hoop - Afrigting(Coaching) - Betekenis en Doelgerigtheid

Ons raak almal soms moedeloos. Die lewe kan wreed wees. Jesus herinner ons hieraan in Johannes 16:33:"Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.” Jesus was voortdurend besig om sy dissipels af te rig oor die realiteit van hierdie lewe en die lewe hierna. Leiers moet afrigting as deel van hul bestuurstyl aanneem. Met afrigting daag jy mense oor hul subjektiewe persepsies uit. Jesus het dit voortdurend deur die Evangelies gedoen. Hy het aannames uitgedaag en dan uitstekende afrigtingsvrae gevra.

Ons almal neem die wêreld subjektief waar totdat iemand genoeg vir ons omgee om ons uit te daag. Sommige van ons speel die slagoffer en moet uitgedaag word, en sommige van ons viktimiseer ander en moet daaroor uitgedaag word. Jesus stel dit baie duidelik; dit sal moeilik wees, maar Ek het gekom om vir jou vrede te gee, want op die ou einde wen Ek. Daardie hoop het die dissipels aan die gang gehou totdat hulle vir die koninkryk van God gemartel is. Hulle het, net soos Paulus, die volgende geweet: "Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd.” Hierdie teks wys ons watter ongelooflike betekenis en doel ons het.

As jy as leier sien hoe jou mense ander viktimiseer en boelie, spreek dit dadelik met ʼn afrigtingsgesprek aan. As jy ʼn individu of ʼn groep sien wat die slagoffer speel, daag hulle uit met ʼn afrigtingsgesprek sodat hulle eienaarskap neem en ophou om ander vir hul probleme te blameer.

Indien jy meer oor hierdie onderwerp wil leer is jy welkom om die volgende webtuiste te besoek gerus: Lead with Intent

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege...

More

Ons wil graag Themba Thandeka Leadership Institute bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadwithintent.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid