Leesplan inligting

Intensionele LeierskapVoorbeeld

Intensionele Leierskap

DAG 1 VAN 9

Inleiding

Paulus skryf dat as ons die gawe en geleentheid van leierskap ontvang het, ons dit met groot ywer moet gebruik (Romeine 12:8). Leierskap gebeur nie per ongeluk of toevallig nie. Leierskap is iets wat ons daagliks by leiers sien wat geen bedoeling het om ander te dien en te begelei nie. Wanneer leierskap aan ons geskenk word, moet ons dit met groot ywer bestuur om diegene waarvoor ons verantwoordelik is, doelbewus te lei.

Daar is nege beginsels en praktyke wat groot doelbewustheid in jou leierskap bring. Wanneer jy hierdie nege beginsels beoefen, sal daar 'n duidelike impak op die kultuur van jou span en die organisasie waarvoor jy werk wees. Vandag kyk ons na die eerste beginsel en praktyk en oor die volgende agt dae sal ons elke dag na 'n nuwe beginsels en praktyk kyk. In ons ervaring en werk met volgelinge van Jesus wat met doelbewustheid in die besigheidwêreld probeer lei, verbeter hierdie beginsels en praktyke personeelbetrokkenheid. Kort nadat personeelbetrokkenheid verbeter het, word daar ʼn volhoubare toename in die organisasie se winsgewendheid gesien.

1. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Nederigheid - Kwesbaarheid - Vertroue

Die eerste beginsel is nederigheid. In byna alle tale beteken dit om jouself te verlaag of om jouself laer as ander te ag. Paulus skryf in sy brief aan die Filippense dat ons hierdie nederige houding van Christus moet navolg: “Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s'n wees: Alhoewel Hy self God was, het hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee: Hy het ʼn slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het HY Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe!”

Jesus het sy nederigheid beoefen deur uiters kwesbaar te wees. Hy het 'n mens geword, Hy is as 'n baba gebore sodat Hy by ons kon wees en ons sy menslikheid kon wys. Ons ken en vertrou God as gevolg van Jesus. Hoe wys ons as leiers ons kwesbaarheid net soos Christus gedoen het? Dit kan begin met die volgende erkenning: “Ek is jammer.” “Ek het hulp nodig.” “Ek weet nie.” “Ek was verkeerd.” Erkennings soos hierdie wys vir mense dat jy ook net ‘n mens is en foute maak en bereid is om dit te erken.

Sodra leiers kwesbaarheid toon, sal die impak op jou span se kultuur 'n vinnige toename in vertroue wees. En wanneer vertroue toeneem, kan ons as 'n span baie meer produktief wees.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege...

More

Ons wil graag Themba Thandeka Leadership Institute bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadwithintent.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid