Leesplan inligting

Johannes 3:16 God Is LiefdeVoorbeeld

Johannes 3:16 God Is Liefde

DAG 3 VAN 4

Kom ons wees nou maar eerlik: God is mal oor jou!

Max Lucado skryf: “As God ‘n yskas gehad het, sou jou foto daarop gewees het; as God ‘n beursie gehad het, sou jou foto daarin gewees het. Hy stuur elke lente vir jou blomme en elke oggend 'n sonsopkoms. Wanneer jy ook al wil praat, luister Hy. Hy kan enige plek in die heelal bly en tog kies Hy jou hart om in te bly.”

In die laaste twee dae het ons vir mekaar gesê: God se liefde is onvoorwaardelik, opofferend, waardevol en persoonlik.

Maar God se liefde is ook: TOEGANKLIK

“...dié wat in Hom glo..”

Die werklike goeie nuus van God se liefde is, dat dit nie beperk is tot enkele, uitgesoekte mense nie. Dit is ook nie moeilik om te bekom nie.

Hy is nie ‘n veraf God wat ons net liefhet vanaf een of ander mistieke plek, ver-ver hiervandaan nie. Nee, Hy het ons wêreld binnegekom en Hy smag daarna om in ons lewens in te kom.

God se liefde is: NIE VEROORDELEND NIE

“... nie verlore sal gaan nie..”

God se doel toe Hy sy Seun vanuit die hemel na die aarde gestuur het, was nie om jou te veroordeel of te wys hoe sleg jy is of hoe onwaardig of hoe hopeloos jy is nie.

God se enigste doel was om vir jou sy liefde te wys en jou in te trek in ‘n verhouding met Hom.

Gebed: Here, ek wil graag “ja” sê vir ‘n verhouding met U. Dankie vir u uitnodiging aan my. Ek neem dit aan. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Johannes 3:16 God Is Liefde

In hierdie leesplan kyk ons na Johannes 3:16 – die Evangelie in ‘n neutedop. Aan die hand van die vers sê ons vir mekaar hoe God se liefde is: Onvoorwaardelik, opofferend, waardevol, persoonlik, toeganklik, nie veroordel...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid