Leesplan inligting

Johannes 3:16 God Is LiefdeVoorbeeld

Johannes 3:16 God Is Liefde

DAG 1 VAN 4

God se liefde is: ONVOORWAARDELIK

"God het die wêreld so lief gehad ....”

Die “wêreld” verwys na àlle mense: mense wat vèr van God was en wat vyandig teenoor God was. Dit is die wêreld wat God liefgehad het. Dit sê nie dat God net al die goeie mense of net al die heiliges liefgehad het nie. God se liefde vir die mensdom is universeel en onvoorwaardelik. Hy het àlmal lief. En dis wat God onderskei van enige ander god van enige ander godsdiens.

God se liefde is: OPOFFEREND
".... .. gegee het.....”

Hoe het God ons liefgehad? Hy het ons liefgehad deur te gee, deur te dien, deur op te offer.

God se liefde is: WAARDEVOL

“....sy enigste ....”

Wanneer jy vir iemand uit jou oorvloed gee, is dit een ding, maar wanneer jy uit jou eie nood gee, is dit ‘n ander ding.

As jy ‘n klomp motors het, sou dit as edel gesien word as jy een vir ‘n gesingee wat nie een het nie. Maar as jy die enigste een sou gee wat jy gehad het, sou dit meer as edel gesien word.

God het nie ‘n plan B gehad nie, maar Hy het ons sò lief gehad dat Hy ons die enigste Seun wat Hy gehad het, gegee het.

Gebed: Here, hoe sal ons ooit genoeg vir U kan dankie sê dat U ons so lief gehad het dat U u Seun vir ons aan ‘n kruis laat sterf het. Ontvang asseblief ons swakke dank- en lofgebed. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Johannes 3:16 God Is Liefde

In hierdie leesplan kyk ons na Johannes 3:16 – die Evangelie in ‘n neutedop. Aan die hand van die vers sê ons vir mekaar hoe God se liefde is: Onvoorwaardelik, opofferend, waardevol, persoonlik, toeganklik, nie veroordel...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid