Leesplan inligting

Kom ons doen dit — Craig GroeschelVoorbeeld

Let Us From Craig Groeschel

DAG 1 VAN 3

Kom ons doen dit: Rus


Het jy al ooit iets gelees en dan dadelik vergeet wat jy gelees het? Dit gebeur ook wanneer ons die Bybel lees. Ons gaan dus vir die volgende drie dae Hebreërs 4 lees en weer lees, totdat dit insink. Die skrywer van Hebreërs moedig ons in hoofstuk 4 aan met drie verskillende "kom ons doen dit" stellings. Kom ons doen wat? Kom ons gaan 'n spesiale rus binne, kom ons hou stewig vas aan wat ons glo en kom ons nader tot die troon van God. Vandag gaan Craig Groeschel, senior pastoor van Life.Church, met ons praat oor rus as 'n heilige daad voor God. Is jy moeg, bedrywig of uitgebrand? Luister mooi en offer jouself.


Tree op: Beplan hierdie week vooruit sodat 'n Sabbatdag moontlik is.


Kry nog gratis "kom ons doen dit" inhoud deur pastoor Craig.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Let Us From Craig Groeschel

Indien jy moeg, uitgebrand of onseker is oor jou geloof, of dalk wonder hoe om in God se teenwoordigheid te kom, is hierdie 3-dag leesplan vir jou bedoel. Craig Groeschel, senior pastoor van Life.Church, gebruik Hebreërs...

More

Ons wil graag pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid