Leesplan inligting

Begin Met Gebed 7-Dag UitdagingVoorbeeld

Start With Prayer 7-Day Challenge

DAG 4 VAN 7





Bely jou Sondes


Vertel vir Jesus wat jy gedoen het. Plaas jou skuld op die rug van die Een wat jou sonde op Hom geneem het. Gee dit aan Jesus met hierdie versoek: "Sal U dit wegneem?" Doen dit so gereeld as wat nodig is. Een maal, twee maal, tien maal per dag? Gerus! Moet niks terughou nie. Geen sonde is te oud of te nuut, te boos of onbelangrik nie. Jesus is sterk genoeg om dit te dra.


Vandag se Uitdaging: Bely Jou Sondes


Gebed:


Heer, U weë is perfek. Ek kan die dieptes van u heiligheid en liefde nie deurgrond nie. Ek sal nooit perfek kan wees nie, God, maar ek wil 'n voorbeeld wees van u koninkryk in elke oomblik van my lewe.


Vandag bely ek dat ek ________ en dat ek nie 'n goeie voorbeeld van u koninkryk was nie. Ek vra om u vergifnis en u hulp. Wanneer ek weer versoek en uitgedaag word deur ______ , help my om die waarheid van u Woord te onthou sodat ek 'n lewe kan lei wat U behaag.


Dankie vir u genade wanneer ek misluk. Help my om sterker en wyser te word deur die tyd wat ek met U bestee. Vorm my om meer soos U te wees. In die Naam van Jesus. Amen.*


*Gebed aangepas uit Start with Prayer: 250 Prayers for Hope and Strength


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Start With Prayer 7-Day Challenge

Die Begin met Gebed 7-Dag Uitdaging sal jou aanmoedig om opregte gesprekke met God aan te knoop. Deur die loop van die week sal Max Lucado jou aanmoedig om gebede van lofprysing te bid, God aan sy beloftes te herinner en...

More

Ons bedank graag vir HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://amzn.to/3Ow8mwZ

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid