Leesplan inligting

Begin Met Gebed 7-Dag UitdagingVoorbeeld

Start With Prayer 7-Day Challenge

DAG 2 VAN 7





Vul Jou Gebede met Lofprysing


Paulus moedig ons aan: "Wees altyd bly in die Here!" (Filippense 4:4). Nie net op betaaldae, goeie dae of verjaarsdae nie. Ons moet áltyd bly wees in die Here. Dit is maklik om jou in die Here te verbly wanneer dit goed gaan, maar wanneer jou kanse nie so goed lyk nie? Dit is nie maklik nie, maar dit is moontlik. Eien aan jouself die belofte van God in Kolossense 1:17 toe: "Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand." Jubel in die oppermag van God. Sy troon is steeds beset; sy wil is steeds perfek en God gebruik alles om sy wil uit te voer!


Vandag se Uitdaging: Bid 'n Gebed van Lofprysing


Gebed:


Hemelse Vader, U is die Alfa en Omega, die begin en die einde. U liefde is oneindig. U is die groot Voorsiener en U sorg altyd vir my. U gee aan my rede om te sing. U is waardig om geloof te word.


Wanneer dit met my goed gaan, laat my hart dankbaar wees. Wanneer my dae lank is en ek is moeg, gee ook dan aan my 'n dankbare hart. Of dinge nou maklik is of moeiliker as ooit, herinner my om te jubel in u goedheid.


Dankie vir u teenwoordigheid elke liewe dag, Here. Ek is veral dankbaar om U naby aan my te hê op die moeilikste dae. In die Naam van u kosbare Seun. Amen.*


*Gebed aangepas uit Start with Prayer: 250 Prayers for Hope and Strength


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Start With Prayer 7-Day Challenge

Die Begin met Gebed 7-Dag Uitdaging sal jou aanmoedig om opregte gesprekke met God aan te knoop. Deur die loop van die week sal Max Lucado jou aanmoedig om gebede van lofprysing te bid, God aan sy beloftes te herinner en...

More

Ons bedank graag vir HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://amzn.to/3Ow8mwZ

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid