Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 5 VAN 12

Ek Kies Oorgawe Bo Beheer (Deel 2)



"Julle ry in die verkeerde rigting!" huil-gil ons tweejarige dogter histeries op my en my man, vanuit die agterste sitplek van die motor.



Hierdie spesifieke woedebui is vergesel deur 'n uitbarsting van trane, 'n indrukwekkende reeks gille en geboë rug, krommer as die Gouritzrivierbrug. Al het ons voertuig in die korrekte rigting en presiese roete beweeg wat ons normaalweg huis toe ry, was sy oortuig die GPS is verkeerd.



Groentjie fout.



O wag, dis presies wat ek ook doen: "Haai Vader, ek weet U het die wêreld geskape en U bestaan word nie deur tyd beperk nie; ook dat U onpeilbaar wyser is as wat enigeen kan dink, maar ek wil U net 'n wenk gee. U mik in die verkeerde rigting!"



Ons hou mos daarvan om in beheer te wees, nè? Dis mos lekker om al die sê te hê, die motor te bestuur, die mikrofoon vas te hou, afstandbeheer in die hand te hê en 'n reisplan sonder ompaaie vir ons lewens te beplan. As ons egter gedurig ons eie agendas probeer afdwing of voorrang gee, dwaal ons van God se roete vir ons af. Dit is slegs wanneer ons Hom ten volle toegang gee — wanneer ons ons selfgemaakte padkaarte aan Hom oorgee — dat ons met selfvertroue binne sy wil kan reis.



Jesus het met sy kruisiging gebid: "Laat u wil geskied"; ons harte, woorde en lewens behoort met sy gebed voort te gaan.



Ons kan God nie mikrobestuur nie, maar ons kan Hom vertrou. Ons kan op sy opperheerskappy staatmaak, veral wanneer ons nie ten volle verstaan nie. Ons kan maar van ons troontjies afklim en die Koning van alle konings as waardig vertrou. Ons kan aan sy leiding oorgee, wetende dat Hy ons net in die regte rigting lei.



Ons kry almal 'n keuse. Die keuses wat ons het, is om in ons eie gedeeltelike begrip te vertrou, of om oor te gee aan die Persoon wat die padkaart het.



Bid: Jesus, U is my gids. Ek kies om U ten volle te vertrou. U het die Vader gevra om sy wil te laat geskied — lei my daartoe om so te lewe.



Jenn Jewell, Life.Church personeel eggenote en ma van twee


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid