Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 9 VAN 12

Ek Kies Liefde Bo Wette (Deel 1)



Ek het nie geweet wat ek doen nie. Ek het 'n hoofvak en loopbaan op universiteit gekies, maar wat verhoudings betref, was ek verlore. Ek was omring deur die opwinding en energie van die universiteitslewe, met gedurige toegang tot al my vriende. Daar was geleentheid om met te veel mense te dikwels uit te gaan. Ek kon die grense van reinheid verskuif. God sou darem seker nie te kwaad word nie.



Ek het gedink dat 'n goeie verhouding een is waarin nie slegte dinge gedoen word nie. Dit was "wettiese" denke. Ek het gedink ek kon so na as moontlik aan die skeidslyn beweeg van wat as seks beskou word, solank ek nie die grens oorsteek nie. God se liefde, nie wette nie, moes eintlik my gids gewees het. My verhouding met Christus en mense gaan nie daaroor om my van die verkeerde te weerhou nie, maar om die regte na te jaag en daaraan vas te hou. In plaas daarvan, het ek baie verkeerde dinge gedoen en sommige regte dinge ook, maar dit was altyd vir die verkeerde redes.



Ek onthou terwyl ek een aand in my motor gery het, het ek besef dat hoe ek iemand met wie ek uitgaan behandel, in werklikheid openbaar hoe my hart oor God voel. As ek toelaat dat liefde my verhouding beheer, deur die ander persoon te dien, hulle op te bou en hulle behoeftes bo myne te stel, dan sou dit wees soos om God te aanbid. Dis asof ek sê: "Sjoe Vader! U het darem 'n goeie werk gedoen toe U haar geskape het. Ek sal u skepping koester en haar met respek en sorg behandel." Die wyse waarop ek egter opgetree het, het só iets gesê: "Vader, ek gaan probeer om weg te kom met alles wat ek kan, sonder om u wette te verbreek, reg so?" Sien jy hoeveel meer aanbidding en krag daar in liefde as wette is?



Ek dank God vir wat Hy in sy genadige liefde in daardie oomblik aan my geleer het, want die meisie met wie ek op daardie tydstip uitgegaan het, het ook my vrou geword. Twee kinders en tien jaar later, stry ons nog daagliks om liefde bo wette te kies. Ons onderwerp nog steeds ons verhouding daaraan om deur God se liefde beheer te word, in die wete dat ons huwelik die resultaat van sy genade is, 'n daad van aanbidding en 'n beeld van sy evangelie aan die wêreld.



Bid: Vader, in watter areas van my lewe dans ek nog na aan die skeidslyn van u wette, in plaas daarvan om my lewe deur u liefde te laat inspireer? Heilige Gees, sal U my die krag gee om die verandering te maak?



Joey Armstrong, LifeGroups en LifeMissions pastoor by Life.Church


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid