Leesplan inligting

Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te HoopVoorbeeld

The Power of Hope: 7 Days to Hoping in the Lord

DAG 1 VAN 7

Hoop Tydens die Storm | Jesus Christus



Dink vir 'n oomblik aan die storms van die lewe — 'n mislukte besigheid, egskeiding, finansiële swaarkry, siektes, behoeftige ouers, uitdagende tieners, en die lys gaan aan — wat jy al ervaar het. Jy is dalk selfs nou in 'n stormagtige tyd. 



Wanneer 'n storm ontstaan, reageer jy: "God, ek vertrou U om my hierdeur te bring"? Of is jy geneig om te sê: "Ek is gedoem! Daar is niks wat enigiemand kan doen nie?"



Op ‘n keer, toe Jesus en sy dissipels oor die See van Galilea gevaar het, het 'n verskriklike storm hulle boot bedreig. Die dissipels het paniekerig geraak, die slapende Jesus wakker gemaak en gevra: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” (Hoeveel keer het jy al vir Jesus daardie vraag gevra?)



Wanneer storms woed en vrees ontstaan, vertrou op die geloof en hoop wat God jou gegee het. Beoefen jou geloof in God: onthou Hy is in beheer. Plaas jou hoop op God: ken sy vrede.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Power of Hope: 7 Days to Hoping in the Lord

Wêreldgebeure en persoonlike stryd kan jou moeg en angstig laat voel, maar niks is nuut vir God nie. Mense in Bybelse tye het dikwels dieselfde gevoel. Hierdie 7-dae leesplan van die topverkoper skrywer Jack Countryman f...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thomasnelson.com/p/the-power-of-hope/?utm_source=youversion&utm_medium=reading+plan&utm_campaign=power_of_hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid