Leesplan inligting

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?Voorbeeld

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

DAG 5 VAN 7

Slyp jou sekel


Vandag sluit aan by dag vier se fokus op selfbestuur en leierskap-fiksheid. 


Gordon MacDonald, die bekende mentor vir baie geestelike leiers, het die volgende verhaal vertel. Hy en sy vrou het in die Alpe gaan fietsry. Hulle het op ’n man afgekom wat met ’n sekel gras sny. Gordon het ’n baie interessante tendens by hierdie man gesien. Die man stop elke kort-kort, dan slyp hy sy sekel. Hy staan dus stil – hy sny nie gras nie. En dan sny hy weer die gras. Jy sien net gras trek soos hierdie man sny. Dan stop hy weer en hy maak sy sekel skerp. Rustig staan hy en haal diep asem, en dan sny hy weer, dan sien jy net weer gras trek. 


Daardie stilstaan-tye, daardie “kom ek maak die sekel skerp”-tye is deel van leierskap-fiksheid. Jy moet dit doen sodat jy die gras kan sny. Jy kan nie heeltyd gras sny nie. Jy gaan moeg raak, jou sekel gaan stomp raak, en jy gaan by uitbranding eindig. 


Daar is ’n hele paar praktiese dinge wat jy kan doen om jou “sekel skerp te maak”. Dink aan jou tyd saam met die Here. Dis belangrik vir elke gelowige. Wat van jou alleentyd? Net ’n bietjie tyd vir jouself. Genoeg rus – rus vir jou brein en jou liggaam. Diep slaap, diep rus. Oefening is weer verskriklik goed vir die positiewe hormone in jou kop. Gesond eet. Pasop vir ongesond eet, want jy voed jou brein met ongesonde kos en fisies takel dit jou liggaam af. 


Hoe lyk jou tyd vir verhoudings? Wat is die eerste ding waarop ons “compromise” wanneer ons te besig raak? Verhoudings. “Ag, my vrou sal verstaan, my vriende sal verstaan.” En weet jy, hulle verstaan, maar jy raak al hoe armer. Jy raak “verhoudingsarm”. En dit is gelyk aan swak selfbestuur. Goeie verhoudings verryk jou lewe. Dit bou jou menswees. Maak dus altyd tyd vir jou huwelik. Maak tyd vir jou gesin. Maak tyd vir jou vriende. 


Dit is wat jy jouself en die mense om jou skuld: om seker te maak jy sorg vir jouself en jy hou jou sekel skerp. So ’n selfversorgde leier is van onskatbare waarde vir ander mense.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig...

More

Ons wil RightNow Media Suid -Afrika bedank vir die verstrek van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid