Leesplan inligting

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

DAG 6 VAN 7

“Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop” (Hebreërs 12:1).



Ons almal sondig en verbeur die heerlikheid van God.  As ons hier op aarde is, is sonde onvermydelik.  Sonde is die gevolg van die val van Adam en sedertdien is dit 'n probleem in die mensdom.  Sommige het egter sondes of 'n stryd wat as vestings beskou word.  Hierdie is verdedigingsstrukture wat teen die agenda werk wat God het vir die lewens van sy mense.  Baie mense moet sulke vestings in hulle gedagtes hanteer.  Hierdie is leuens en halwe waarhede wat die duiwel verkondig in 'n poging om jou te oorreed om hom te glo bo God.  Christene het die mag om vestings en alles wat hulle gevange hou, wat hulle verhoed om die beloftes van God te ontvang, af te breek.



Ekstra gewig belemmer beweeglikheid.  Ekstra gewig maak dit moeilik om aanpasbaar te wees.  Dit stuit groei en verhoed lewenskrag. Is daar vestings in jou man se lewe wat hom verhoed om God te dien met sy hele hart, siel en verstand?  Is daar dalk 'n gewig wat probeer om sy lewe te neem?  Miskien is hy in verkeerde verhoudings met mense, dinge en besluite wat hy geneem het waarvan hy moet afstand doen. Miskien is die poorte van sy sielsmens blootgestel aan dinge wat sy geesmens geïnfiltreer het en nou sukkel hy met verslawing; die gees van manipulasie, leuens of misleiding.  Hy wil vry wees daarvan maar hy weet nie hoe nie en voel vasgevang.  As dit die geval is, bid vir sy verlossing.  As sy vrou, het jy die krag en gesag om te bid vir jou man se verlossing en vryheid. Julle is een in God se oë en Hy eer die gebede van die regverdiges.  Teen hierdie tyd verstaan jy die belangrikheid daarvan om te weet wat die oorsaak van jou man se stryd is en dit gaan vir jou van hulp wees op jou pad vorentoe as 'n biddende vrou in jou huwelik.  



Gebed vir jou man om ontslae te raak van die dooie gewig:



Ons Vader, in die Naam van Jesus kom ek in gebed voor U namens my man.  Hy worstel met dinge in sy binneste wat hy nie kan beheer nie.  Ek weet sy gees wil vry wees maar op die oomblik word hy gevange gehou deur die vestings in sy gedagtes.  Here, ek bid vir sy verlossing vandag, dat elke dooie gewig en sonde wat hom so teister van hom weggevat word.  Ek besef dat sy lewe en ons huwelik aangeval word en ek weier om dit net te aanvaar sonder 'n geveg. Die Satan sal nie wen nie want hierdie geveg is nog nie verby nie.  My man mag dalk nog nie reg wees nie maar ek is toegerus met die wapenrusting van God. Nou bewapen ek myself met elke stukkie van die wapenrusting terwyl ek intree namens my man, u seun.  Ek beveel die engele om namens my man op te trek om die pad oop te maak vir hom om terug te keer na sy eerste liefde, U, sodat hy vryheid in U kan ervaar. Hy gaan nie langer 'n slaaf wees van sonde of die impak daarvan nie omdat hy 'n kind is van die hoogste God.  Hy is VRY in die Naam van Jesus. Amen.






Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken ...

More

Ons bedank graag "Wives Who Win Co" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid