Leesplan inligting

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

DAG 4 VAN 7

“Jesus kom toe nader en sê vir hulle: 'Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld'” (Matteus 28:18-20).



God het mans geroep om hulle vrouens en kinders te lei. Hy kan egter net lei deur eers te leer en te weet hoe om 'n goeie volgeling te wees.  Daar kan verskeie redes wees waarom jou man Jesus nie voluit en met oorgawe volg soos hy hoort te doen nie.  Een ding om in ag te neem is die verhouding wat hy het/gehad het met sy biologiese pa. As hierdie verhouding verbreek of vervreem is, kan dit sy vermoë beïnvloed om 'n hegte verhouding met God, die Vader te ontwikkel en Hom te vertrou. Jy kan dalk vra hoe dit moontlik is?  As die enigste vader (gesaghebbende figuur) wat hy geken het, hom verwaarloos of verwerp het, kan hy sukkel om enige ander gesaghebbende mansfiguur of rolmodel te vertrou. En dit sluit God in. Die interessante hiervan is dat hy dalk onbewus is van die ooreenkomste tussen sy verhouding met sy biologiese vader en sy verhouding met sy hemelse Vader.  Het hy 'n vader wond?  Indien wel, kan dit sy vermoë belemmer om 'n leier vir sy gesin te wees.



Jou man sal sy rol as geestelike leier kan volstaan sodra hy daardie dinge en, in sommige gevalle, mense, in die gesig staar wat hom in slawerny aan sy verlede hou en hom verhoed om vorentoe te beweeg.



Gebed vir jou man se vermoë om te lei



Ons Vader, in die Naam van Jesus, ek weet dat U (sê jou man se naam) geroep het om groot dinge hier op aarde te doen.  U Woord bring dinge tot stand wat nie bestaan nie (Romeine 4:17).  Ek noem hom die hoof van ons huishouding al het dit nog nie gebeur nie.  Ek weet sonder twyfel dat U hom gekies het vir 'n tyd soos hierdie. Dit is die vyand se doel om hom te ontmoedig om u wil te doen.  Here, ek bid en vra dat die emosies en gevoelens wat my man verhoed om u dienskneg te wees, openbaar gemaak sal word.  Ek weet dat hy net gesond kan maak wat aan hom bekend is. Alhoewel dit vir hom ongemaklik kan wees, sal hy op die ou end bevry word.  Bevry hom asseblief om te vergewe, lief te hê en weer te vertrou.  Skep in hom 'n rein hart en vernuwe u gees in hom.   In die Naam van Jesus. Amen.






Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken ...

More

Ons bedank graag "Wives Who Win Co" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid