Leesplan inligting

5 Planne Om Stres Te KlopVoorbeeld

5 Planne Om Stres Te Klop

DAG 4 VAN 5

“Ek wil dit hê!”


Die wêreld dink ons kan net 'n towerstaf swaai en spanning sal verdwyn. Asseblief! Stres is dieper en meer onpeilbaar as dit. Maar al is dit baie groot en intimiderend, kan dit oorkom word. Die sleutel? Dit word bepaal deur die gesindheid van jou hart.


Bekommernis versuur jou lewe.‘n Bemoedigende woord van ‘n gelowige maak jou gelukkig (Spreuke 12:25 Die Boodskap).


Blydskap laat 'n mens se gesig straal; smart maak 'n mens terneergedruk. (Spreuke 15:13).


Dit is vir God baie belangrik om jou hart te beskerm. Gister het ons gekyk na 'n lewensveranderende  ‘resep’ gebaseer op Filippense:


Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Filippense 4: 6-7).


Dis reg; God vervang jou vrees en spanning met sy vrede wanneer jy bid, in plaas van om te stres.


Maar kyk wat Paulus nog sê. Hier kom die geheim om vrede, vrolikheid en vreugde in jou hart te behou ...


Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. (Filippense 4: 8-9).


Dink aan positiewe dinge, in plaas van slegte goed en alles wat verkeerd is. Nou kan jy vir my sê: "Ek kan nie beheer waaroor ek dink nie." Ja, jy kan. As jy aan iets negatiefs dink, kan jy net sowel kies om aan iets positiefs te dink. Probeer dit! En as jy sukkel, gaan terug en bid soos ons gister geleer het.


Die wonderlikste is dat jy, met oefening, sal leer om God al hoe meer te vertrou, en jy sal beleef dat vreugde en vrede uit jou sal straal. Mense rondom jou sal na jou kyk en sê: "Sjoe, ek wil ook daarvan hê!"


Jou stralende gesig verbeter selfs jou gesondheid. Jou vreugde beïnvloed ander mense. Dis die resultaat van die tyd wat jy bestee het om die vrede en die vreugde vas te vat wat God vir jou wil gee.


Dis beslis ‘n stres teenvoeter!  





Vraag 1 


Dink ‘n oomblik na oor die toestand van jou hart. Is jy positief en leef jy met ‘n stille vertroue op God? Of moet jy jou hart doelbewus teen negatiwiteit begin beskerm?


Vraag 2 


Skryf van die dinge neer wat jou hart raak en daagliks die meeste spanning en bekommernis veroorsaak.


Vraag 3 


Vandag het ons gesien hoe Paulus ons aanmoedig om te kyk na wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is. Skryf die dinge neer wat God alreeds in jou lewe gevestig het.


Vraag 4 


Bid. Vra die Heilige Gees om jou te wys hoe jy vraag 2 se lys van bekommernisse moet vergelyk met vraag 3 s’n, van dít wat Hy jou reeds gegee het.




Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

5 Planne Om Stres Te Klop

Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik ...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid