Leesplan inligting

5 Planne Om Stres Te KlopVoorbeeld

5 Planne Om Stres Te Klop

DAG 2 VAN 5

Neem Die Eerste Tree


Ons het gister vasgestel dat daar talle dinge in ons lewens is waaroor ons 24/7 kan stres. En weet jy, baie mense leef so.


Maar sê nou jy kan jou lewe met die vaste vertroue leef dat alles in orde gaan wees? Dis die oortuiging dat, wat ook al gebeur, dit goed gaan wees. Ek praat nie van een of ander fantasie in 'n ander wêreld nie. 


Wel, jy kan so leef. Jy kan beslis!


Hoe? Kom ons kyk na Josua in die Ou Testament. 


Vir veertig jaar, terwyl Moses God se volk deur die woestyn gelei het, het Josua in sy skaduwee geleef. Die probleem was dat op die kritieke oomblik toe Israel op die punt was om die beloofde land in te gaan ... presies toe hulle moes voorberei vir oorlog ... het Moses gesterf. . . en Josua moes meer as 'n miljoen mense lei.


Was hy gestres? Beslis! Stres met 'n hoofletter 'S'. Dit was oorlewingspanning! Kyk wat God vir Josua gesê het:


“Moses my dienaar is dood. . .Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. “Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het.. .Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” (Josua 1: 2-9).


God het Josua gebied om selfvertroue te hê – om sterk en dapper te wees. Hoekom? Want dit was nie net tot Josua se eer nie. Dit was nie net vir Israel s’n nie. Dit was God se verhaal. Dit was sy plan, en Hy sou dit laat slaag.


En wil jy nog iets weet? Hy het ook ‘n plan vir jou: Wees sterk, wees vasberade!


God wil hê dat jy op Hom moet vertrou ... om die vaste oortuiging te ontwikkel dat Hy vir jou sorg.


Dit beteken dat jy ten spyte van vrees, bekommernis en spanning in jou hart, en sonder selfvertroue, die uitdagings kan aanpak. Maar selfs as jy bang is, veral as jy bang is, toon dit aan God dat jy Hom vertrou.


En op daardie stadium vervang Hy jou spanning met sy vrede. Dit is hoe dit werk.


So, komaan. Waag dit om die eerste tree te gee.





Vraag 1 


Waar lê jy op die skaal tussen spanning en vertroue? Stop en dink aan die dinge wat jou beïnvloed. Is daar vandag iets wat jy kan doen om spanning in vertroue te omskep?


Vraag 2 


God het Josua opgeroep om die beloofde land te gaan inneem. Met watter beloftes moedig God jou aan?


Vraag 3 


Het jy Hom al op sy Woord geneem en sy beloftes beproef? Hoe het dit gevoel? Of deins jy terug? Indien wel, waarom?


Vraag 4 


Wat beteken dit vir God en vir jou, dat jy ongeag jou gevoelens, jou vertroue in Hom stel?




Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

5 Planne Om Stres Te Klop

Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik ...

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid