Leesplan inligting

Vreugde is 'n PersoonVoorbeeld

Joy is a Person

DAG 2 VAN 4

Wat is vreugde?



“Daar is geen ramp wat meer rampspoedig is as die ramp van sonde nie en daar is geen redding meer wonderlik as die redding deur genade nie.” — Paul Tripp 



Jesus se koms was om vreugde na die wêreld te bring — vreugde vir jou! Gedurende sy leeftyd het Hy die wêreld onderstebo gekeer, weg van die normale lewens- en denkpatrone en het Hy 'n nuwe manier van lewe aan ons gebied. Hy het die mense van liefde en geduld geleer wanneer jy voor woede en frustrasie te staan kom; waarheid en genade om godsdiens en reëls teë te staan, om te gee eerder as om te ontvang, om vergifnis aan te bied eerder as om aanstoot te neem en soveel meer. Hy het gekom om verlossing van sonde te bring en om die koninkryk van God na die aarde te bring. Toe Jesus sy ergste angs aan die kruis verduur het, was dit sy se grootste begeerte vir jou om vreugde te ervaar, wat sy eie vreugde word! 



“... Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur …” (Hebreërs 12:23). 



Wat 'n wonderlike uitruiling van vreugde! Hy was gewillig om afstand te doen van sy posisie aan sy Vader se regterhand en na ons wêreld te kom om hartseer, lyding, verwerping, verraad en verlies te ervaar — ter wille van jou en my! 



Die verlossing wat Jesus kom aanbied het, was om jou in pas te bring met sy Vader, om die skeiding wat sonde geskep het te oorbrug. Sy geskenk van verlossing en bereidheid om in jou plek te staan as 'n heilige offer, herskep jou in die persoon wat jy veronderstel is om te wees — 'n kosbare, regverdige kind van God, vol van die lewe, liefde en vreugde, vrygemaak van skuld en skande. 



Deur sy geweldige offer het Jesus nie net gehoop dat jy 'n bietjie vreugde in jou lewe sal hê nie. Sy begeerte was en is vir jou om volheid van vreugde te smaak — oorvloedig, oorweldigend en ewig. 



Jou bekwaamheid om groot vreugde te ervaar het toe vir Jesus saak gemaak, en so is dit vandag nog. 



Jesus is vreugde. Vreugde is 'n Persoon!



Vader, mag ek altyd die prys onthou wat U vir my betaal het, en dit was vir U vreugde om in my plek te staan. Help my om te verstaan dat u vreugde om my te red, my vreugde en vermoë is om deur elke moeilikheid te kom. Red my asseblief van die dinge wat my terneergedruk maak en my verhoed om die mens te wees wat U my geskep het om te wees. Help my om myself te sien soos U my sien — u gunsteling en waardevolle kind. 








Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Joy is a Person

Die lewe is moeilik! Ons sukkel in ons verhoudinge en ons verstandelike en emosionele reserwes is op. Ons het iets groter nodig wat ons kan aanraak, koop of op ons eie kan uitdink. Iets wat ons kan help om die moeilikste...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://rb.gy/ppczmz

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid