Leesplan inligting

Vreugde is 'n PersoonVoorbeeld

Joy is a Person

DAG 1 VAN 4

Die Lewe is Moeilik



Die jaar 2020 het ons baie dinge geleer wat ons nie wou leer nie. 



Baie van ons het deur teleurstellings gegaan en mense verloor wat ons geken het en vir wie ons lief was. Ons is almal deur die vrees van 'n onbekende virus en sy verwoestende gevolge. Om 24/7 gedurende die kwarantyn by die huis te bly, het soos 'n tronk gevoel en mense het moeilike tye deurgegaan, meer as gewoonlik. Ek weet van sommige wat geskei het, sommige wat teruggeval het in verslawings, en baie wat teen depressie geveg het. 



Alhoewel die jaar 2020 baie moeilik was, maak dit nie eintlik saak watter jaar dit is nie, want oor die algemeen is die lewe baie moeilik. Stem jy saam? 



Om van alles weg te kom, aanvaar ons partykeer aanloklike aanbiedinge van rus, ontspanning en vryheid van druk, in die hoop om 'n mate van geluk te vind. Neem my net hier weg! Die werklikheid is, die lewe se probleme gaan weer aan na die kortstondige genot verby is. Daar is meer werk om te doen, meer rekeninge om te betaal, nog meer argumente om te skik, meer moeilike mense om mee te werk. Dit is omdat ons geluk altyd van gebeurtenisse afhang, wanneer dinge nie op die regte manier gebeur nie — ons manier — is ons nie gelukkig nie.



Kan daar dalk 'n beter manier wees om te lewe as om tydelike geluk na te jaag? Is daar iets blywends wat nie van ander mense of ons omgewing afhanklik is nie? Ek glo daar is. Vir Paulus was dit waar. In sy brief aan die Filippense, het vreugde gelyk soos 'n tasbare teenwoordigheid wat by hom gebly het, selfs in die tronk. Paulus het selfs die woorde "vreugde" of "verheug" agtien keer in sy brief aan sy vriende gebruik.



Net soos vir Paulus, is ons stryde en moeilikhede baie werklik en dit voel asof dit een-vir-een kom. Miskien, net soos met Paulus, kan ons vreugde ontdek — nie in 'n ontspanne omgewing of 'n gemaklike lewe nie — maar terwyl ons deurdruk deur ons moeilikhede en teleurstellings.



Teen die tyd wat Paulus die brief geskryf het, het hy so baie beproewinge en moeilikhede teëgekom dat om weereens in die tronk opgesluit te wees, sy nuwe normaal geword het. Ek sê nie dat hy dit geniet het nie. Ek sê net dat sy woorde ons vertel dat hy vreugde ervaar het, selfs in die gevangenis en te midde van sy probleme. Sy geloofspiere was sterk en hy het nie volgens sy gevoelens gelewe nie. Hy het geleer om in die moeilike tye te volhard, om daar bo uit te styg. Hy het ontdek dat vreugde niks met 'n omgewing of 'n gebeurtenis te doen nie, maar dat vreugde 'n Persoon is! Paulus het vertroue gehad in die krag van die opgestane Christus wat hom in elke situasie ontmoet het. My hoop is dat ons deur Paulus se woorde in hierdie leesplan, en ander s'n, dieselfde kan leer.



Vader, ek weet dat ek nie baie het om oor te kla nie, maar hier is ek. Die lewe is regtig moeilik en ek moet erken, dat ek partykeer glad nie geniet waar ek is of waardeur ek gaan nie. Ek is nie juis in 'n gelukkige toestand nie, maar ek weet dat U dit alreeds weet en U het my nogtans lief. Sal U my asseblief hier ontmoet, hier waar ek is? 





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Joy is a Person

Die lewe is moeilik! Ons sukkel in ons verhoudinge en ons verstandelike en emosionele reserwes is op. Ons het iets groter nodig wat ons kan aanraak, koop of op ons eie kan uitdink. Iets wat ons kan help om die moeilikste...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://rb.gy/ppczmz

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid