Leesplan inligting

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te VerrykVoorbeeld

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

DAG 6 VAN 10

Ons kinders


Here, ek bid vir u beskerming oor ons huwelik en oor ons kinders. Help ons leer hoe om vir ons kinders te bid sodat ons nooit enige aspek van hulle lewe aan toeval sal oorlaat nie. “As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs” (Psalm 127:1). Ek nooi U om ons huis, ons huwelik en ons gesin te bou en in stand te hou. 


Help my en my man (vrou) om dinge deur te praat en volkome eensgesind te wees oor hoe om ons kinders te leer en te dissiplineer. U Woord sê wanneer ons U eerbiedig dien, sal U dié dinge aan ons openbaar wat ons nodig het om te sien (Psalm 25:14). Wys ons spesifiek wat ons omtrent onsself en elke kind moet sien. 


Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspring...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid