Leesplan inligting

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te VerrykVoorbeeld

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

DAG 5 VAN 10

Staan sterk teen woede


Here, help my om op die goeie en positiewe dinge te fokus in my lewe en ook in my man (vrou). Dit is u soeklig wat op die mens se lewe val en ons diepste motiewe aan die lig bring (Spreuke 20:27). Deursoek daarom die innerlike dieptes van my hart en openbaar enigiets wat nie van U af kom nie sodat ek daarvan bevry kan word. Waar ek woede op my man (vrou) gerig het of woede in my laat opbou het, bely ek dit nou as sonde en vra U om my te vergewe en alle woede weg te neem.


Genees enige wonde wat ek met my woorde in hom (haar) veroorsaak het. Help my om goeie woorde teenoor my man (vrou) te gebruik, want ek weet dit bring vir U vreugde (Spreuke 15:23).


Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspring...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid