Leesplan inligting

Vroue Van Die BybelVoorbeeld

Vroue Van Die Bybel

DAG 6 VAN 7

MARIA: Die reis van ’n diensmaagd




Maria se lewe is ’n weerspieëling van iemand wat die Here opreg liefgehad en gevolg het met haar hele hart, siel en verstand en met al haar krag, die hele lewe, van kindsbeen af tot met haar dood.


Maria het baie geweet van die Here, want sy het die Skrif goed geken. Sy het ’n aanbiddende hart gehad en was nederig en leerbaar. Sy het dinge gedurig oordink, dit oor en oor in haar gedagtes herhaal sodat sy kon verstaan wat die Here sê. Sy het die Here en sy weë nie altyd verstaan nie. Op haar aardse reis met Jesus as haar Seun het sy nie altyd begryp wat Hy sê, wat Hy doen of waarom Hy dit doen nie. Sy het tree vir tree gegroei in haar geloof, en dis waar sy ons kan help.


Ons kan leer uit haar vrae, uit haar ontstellende oomblikke, en van die weë van God die Vader wat sy Seun in haar huis laat grootword het. 


Toe die engel Gabriël na Maria toe gekom en vir haar gesê het sy is gekies om die Seun van die Allerhoogste in die wêreld te bring het sy haar oorgegee aan hierdie roeping en uitgeroep: “Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord.” Mettertyd het sy die voller betekenis geleer van wat dit beteken om ’n diensmaagd te wees. Sy het ontdek dat die beloftes van haar Here waar is, en dat sy Hom kan vertrou. Sy het ontdek dat sy weë en sy planne dikwels van sy dienaars vra om in unieke situasies en afgeleë plekke geplaas te word. Sy het ook ontdek dat sy planne nie altyd maklik is om te onderskei nie. Soms wil dit voorkom of Hy optree op ʼn manier wat vir ons nie sin maak nie.




Maria moes die Here vertrou terwyl Hy haar en Josef van plek tot plek gelei het. (Dit was alles as gevolg van Jesus.) Vertrou jy die Here met die plek waar Hy jou plaas? Vertrou jy Hom in jou woonbuurt, in jou werk, in jou gemeente of spesifieke bediening? Wat van jou gesin? Maak ’n lys van die “plekke” in jou lewe waar jy Hom meer moet vertrou en praat dan met die Here daaroor in gebed.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Vroue Van Die Bybel

Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte v...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid