Leesplan inligting

Vroue Van Die BybelVoorbeeld

Vroue Van Die Bybel

DAG 2 VAN 7

MIRJAM: Vertrou God met jou plek in die lewe




Iemand het eenkeer gesê die moeilikste instrument om te bespeel is “tweede viool”. En dis die plek wat God toegeken het aan Mirjam. Hoewel sy die oudste kind in die gesin was, het Mirjam grootgeword in die skadu van haar twee jonger broers, Aäron en Moses. Sy sou een van die mees prominente en gerespekteerde vroue in Israel word, maar sy sou sukkel om haar kleinboet se leiding te volg. Sy het haar volk jare lank getrou in die openbaar gedien. Maar dit was ook sy wat jaloers geraak het op haar broer se posisie en haar misnoeë in die openbaar uitgespreek het. As straf vir haar jaloesie is sy as voorbeeld vir almal met melaatsheid getref.


Ons moet verstaan dat ’n stryd teen die gesagstruktuur ’n stryd teen God is. Die profeet Daniël het gesê dit is God wat konings afsit en konings aanstel (Dan. 2:21). Dit beteken nie dat owerhede altyd die wil van God doen nie, maar dit beteken wel dat selfs hulle boosheid iets is wat Hy ten goede gebruik in ons lewe vir so lank as wat Hy hulle toelaat om te regeer. 


Een van die dinge aan die kern van Mirjam se fout was haar eie hoogmoed. Sy was ongetwyfeld ’n begaafde en bekwame leier. Sy het geglo dat sy die volk net so goed kon lei as Moses. Daar is egter een basiese probleem met hierdie manier van dink: Selfs al kon sy dit wat God gedoen wou hê beter doen, het Hy haar nie in die rol geplaas nie.


Mirjam het herstel van die gevolg van haar opstand teen Moses se gesag, maar die gebeurtenis sou geslagte lank onthou word as ’n voorbeeld van hoe God handel met dié wat weier om die gesag te vertrou wat Hy in hulle lewe daarstel. Soos haar broers sou sy help om Israel te lei tot by die grense van die Beloofde Land, maar sy sou nie bly leef om dit self te aanskou nie. Toe sy sterf, het die hele Israel 30 dae lank oor haar gerou. Dis duidelik dat sy ’n geliefde volksfiguur was.




Kan jy dink aan ’n keer toe verkeerde gesindhede in jou hart jou oorkrities gemaak het teenoor iemand anders? Wat was die gevolg? Wat dink jy moes jy anders gedoen het?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vroue Van Die Bybel

Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte v...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid