Leesplan inligting

"eKidz" Oordenking: Alles Oor KeusesVoorbeeld

eKidz Devotional: All About Choices

DAG 4 VAN 5

Durf 


Het jy geweet dat skaars en waardevolle pêrels in oesterskulpe gevind kan word? Hierdie pêrels word gevorm wanneer sandkorrels in die oester se omhulsel vassit. 



Oor baie jare bedek die oester die irriterende sandkorrel met lae van 'n blink stof wat sy liggaam produseer. Uiteindelik word daardie klein korreltjie sand 'n pragtige pêrel.



Hierdie pêrels word voortgebring uit iets wat 'n stryd vir die oester was — dit verg uithouvermoë en durf om die oester te vorm.



Ons lewens is soms gevul met worsteling, maar ons swaarkry en beproewings is nie verniet nie. God gebruik hierdie ervarings om ons karakter te versterk en ter wille van sy eer en verheerliking.



Met durf kan jy aanhou totdat jy jou doel bereik. Met durf eindig jy sterk ondanks swaarkry, terugslae of frustrasie. Dit is die keuse om nie kortpaaie te gebruik nie. Dit is deursettingsvermoë! Dit is om die wedloop te voltooi, selfs al lyk dit onmoontlik.



Wanneer ons kies om durf te bemeester, eer ons God met uitnemendheid. Ons gee nie moed op nie omdat ons weet dat Christus ons sal versterk en in Hom kan ons alles doen.



Vra jouself af: Wat maak dit moeilik om klaar te maak waarmee jy begin het? Waarom is dit belangrik om in moeilike situasies durf te hê in plaas daarvan om kortpaaie te kies? 



Daag jouself uit: Kies om durf te hê! Eer God met uitnemendheid en deursettingsvermoë, en druk deur. Moet nooit opgee of van kortpaaie gebruik maak nie. Vind jou krag in Jesus; Hy sal tot die einde met jou wees. 



Bid: Dankie Vader, dat U my versterk, selfs as ek misluk. Help my om aan te hou probeer as dinge moeilik is. In die Naam van Jesus. Amen.



Tydens hierdie episode van "Super Nova Standoff" leer die "StarKeepers" ons hoe ons kan aangaan, selfs wanneer situasies moeilik is.







Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

eKidz Devotional: All About Choices

God het ons as sy beeld geskep — selfs as ons foute maak, is Hy steeds lief vir ons. In hierdie 5-dag leesplan praat ons oor hoe ons keuses tot 'n Goddelike karakter kan lei — met eerlikheid, vertroue en integriteit. Ons...

More

Ons wil graag Elevation Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://elevationchurch.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid