Leesplan inligting

"eKidz" Oordenking: Alles Oor KeusesVoorbeeld

eKidz Devotional: All About Choices

DAG 2 VAN 5

Sterk Karakter 


Stel jou voor dit is Saterdagoggend en dat jy geen skool, oefening of planne het nie. Jy kan doen wat jy wil! Of, ten minste het jy so gedink. 



Ma stap in. Sy verklaar dat dit vandag skoonmaakdag is, en jy moet jou kamer skoonmaak. Dit is glad nie hoe jy gedink het jou dag sou lyk nie. Jou plan was om 'n speletjie te speel, 'n fliek te kyk of saam met vriende te kuier.



Hoe reageer jy teenoor jou ma? Maak jy 'n ophef, kla of stry jy? Of staan ​​jy op en eer jou ma deur jou kamer skoon te maak?



Die manier hoe jy teenoor jou ma sou reageer, wys baie van jou karakter. 'n Goeie karakter wys samewerking met ander, vriendelikheid en wysheid, en dit dien ander met nederigheid — dit respekteer diegene om jou. 



Wanneer ons 'n verhouding met Jesus het, gee Hy ons die gawe van die Heilige Gees om ons te lei in wat ons sê, dink en doen. Dit hang van ons af om te kies hoe ons gaan reageer.



Die Bybel gebruik die sinsnede "vrug van die Gees" om die eienskappe van 'n persoon met 'n goeie karakter te definieer. Hierdie eienskappe is nie net 'n goeie wyse vir ons om op te tree nie; dit help ons om besluite, verhoudings en situasies te hanteer. Dit help ons om goeie keuses te maak.   



Vra jouself af: Ken jy iemand wat sterk karakter openbaar? Watter kenmerke, karaktertrekke of eienskappe het hulle dat jy so baie van hulle dink? 



Daag jouself uit: Kies om 'n sterk karakter te hê. Wees vriendelik, liefdevol, wys en vol begrip. Dien ander met nederigheid en toon selfbeheersing. 



Bid: Dankie Vader, dat U ons die Heilige Gees gegee het om ons te help om goeie keuses te maak. Help my asseblief om 'n sterk karakter in elke situasie te openbaar. In die Naam van Jesus. Amen.



Tydens hierdie episode van "Super Nova Standoff" wys die "StarKeepers" waarom dit belangrik is om 'n goeie karakter in alledaagse situasies te hê.







Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

eKidz Devotional: All About Choices

God het ons as sy beeld geskep — selfs as ons foute maak, is Hy steeds lief vir ons. In hierdie 5-dag leesplan praat ons oor hoe ons keuses tot 'n Goddelike karakter kan lei — met eerlikheid, vertroue en integriteit. Ons...

More

Ons wil graag Elevation Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://elevationchurch.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid