Leesplan inligting

Hy Het Uitgebloei!Voorbeeld

He Bled Out!

DAG 3 VAN 3

KLIM OOR DIE MURE! 



Jesus het nie gesterf sodat Hy in 'n gebou kon beland nie. Hy het gesterf sodat Hy kon uitkom. As ons Jesus beperk tot die vier mure van die kerk, dan hou ons Hom daar gevange. Dit was nooit sy doel om in 'n gebou vasgekeer te word nie, maar die moderne kerk het 'n groot God in 'n klein huisie vasgevang! 



Hoekom het Jesus buite die stad gesterf? Hy het Jerusalem so liefgehad dat Hy selfs oor die stad gehuil het. Toe dit egter vir Hom tyd word om te sterf, het Hy buite Jerusalem gesterf. Jesus het die bande van godsdienstigheid afgeskud sodat Hy vir ons kon sterf. Godsdiens sal mense altyd gevange wil hou terwyl verhouding mense altyd sal bevry. Jesus het met die godsdienstiges geworstel, maar is deur sondaars verwelkom en dit het Hom blootgestel aan beskuldiging deur sy godsdiensleiers. Sy dood buite die stad was 'n aanklag teen die inwoners. Hy het gesterf om die mure van godsdienstigheid te vernietig en om die norme, gebruike en rituele te vernietig wat ander mense buite gehou het. 



Jesus het buite die stad gesterf sodat die hele mensdom toegang kon verkry. As Hy binne die stad se mure gebly het om daar te sterf, sou ons nie kon inkom nie. Hy het buite die stadsmure gesterf sodat almal, van die regverdiges tot die heidene, deel aan Hom kon hê. Hy het uitgebloei sodat almal kon inkom! 



Nadat Hy buite die stad gesterf het, het Jesus “verby die sluier gegaan” om ons middelaar geword. Die Hebreërs het verstaan wat “verby die sluier gaan” beteken. Vir hulle het dit die dade van die priester verteenwoordig wat in die plek van die onwaardiges gestaan het — diegene wat God nie van aangesig tot aangesig kon ontmoet nie. Die priester het die taal van die goddelose op so 'n manier vertolk dat die God van alle mense dit sou aanvaar. Die priester het genoeg verskeidenheid verteenwoordig om eenheid tussen God en die mensdom te bewerkstellig. Die priester kon homself met die sondaar vereenselwig, en tog nog steeds die taal van die Koning praat. 



Om eensgesind te word, moet ons verskeidenheid op prys stel en die verskille van ander aanvaar sodat ons namens hulle kan intree. Ons moet vir ander instaan, wat andersins nie toegang tot 'n God kan verkry wat hulle nie ken nie en nog nooit ontmoet het nie. Ons moet die mure oorbrug wat ons van mekaar skei sodat ons kan bymekaar kom en saam die wêreld kan ingaan en die evangelie met elke lewende wese kan deel. Dan sal wie ook al glo, verlos word! 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

He Bled Out!

Toe Jesus aan die houtkruis gesterf het, het sy bloed tot in die dieptes van ons siele ingeloop. Ons was uiteindelik herenig met God, wat met ons praat deur 'n universele taal wat direk tot ons omstandighede spreek — dit...

More

Ons wil graag dankie sê aan Potter's House (Biskop TD Jakes) wie hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.thepottershouse.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid