Leesplan inligting

Hy Het Uitgebloei!Voorbeeld

He Bled Out!

DAG 1 VAN 3

KLEURBLIND 



Hebreërs is een van die Nuwe Testamentiese boeke wat die beste geskryf is; dis digterlik, diepgaande, en ryk. Die naam "Hebreërs" sê vir ons dat God nie kleurblind of onbewus is van kultuur nie. Die Heilige Gees getuig in hierdie boek dat die bloed van Jesus vir die hele mensdom gevloei het. God het dus bedoel dat mense moet verskil — Hy het nie ‘n fout gemaak nie. 



Welmenende Christene regverdig gewoonlik hulle gevoelens rakende kulturele verskille deur te sê hulle is kleurblind. Jy hoef egter nie verskoning te maak vir verskille tussen mense wanneer verskille nie ‘n probleem is nie — jy hoef nie iemand se velkleur te ignoreer nie. Waardeer liewer die verskille tussen mense, hulle etnisiteit, en wat hulle het om by te dra. God het ons nie uniek geskape sodat ons mekaar kan ignoreer nie. Elkeen van ons is op 'n wonderbaarlike wyse geskep. God het almal van ons geskape. 



Die Bybel doen moeite om Christus deur verskillende kulturele kontekste bekend te stel, wat daarop dui dat God nie skaam is vir ons uiteenlopendheid nie. Hy vier ons verskeidenheid en roep ons op tot eensgesindheid, en bevestig ons individualiteit. Hy spoor ons aan om kennis te maak met dié wat heel anders as onsself is. Dit is die krag van liefde en die geheimenis van ons geloof. Die raaiselagtige menslike ervaring wys ons dat ons uiteenlopend kan wees, maar tog steeds eensgesind. 



Eensgesindheid is moeilik om te behaal. Die vyand doen al wat hy kan om dit te beveg. Hy weet waar daar ook al eensgesindheid is, sal God in die middel daarvan te vinde wees. Die gebeure op Pinksterdag kon nie plaasvind voor die mense nie op een plek in solidariteit met mekaar was nie. Die duiwel haat eensgesindheid, maar God is lief daarvoor omdat eensgesindheid groot dinge laat gebeur. 



As jy terugkyk na jou lewe, sal jy sien dat die vyand meer met jou oor eensgesindheid baklei het as enigiets anders — of dit nou met jou huweliksmaat, jou kinders, ‘n familielid, of ‘n vriend was. Die duiwel haat eensgesindheid. Hy weet dat wanneer ten minste twee bymekaar kom en saamstem, gebeur dinge, jukke word vernietig, kettings val af, kanker krimp, gewasse droog uit, siektes verdwyn. Wanneer mense ook al bymekaar kom, of wanneer mense ook al met mekaar saamstem — of dit nou twee of 2 000 is — sal iets groots daaruit voortvloei! God ontmoet ons wanneer ons verskeidenheid en eensgesindheid kan waardeer. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

He Bled Out!

Toe Jesus aan die houtkruis gesterf het, het sy bloed tot in die dieptes van ons siele ingeloop. Ons was uiteindelik herenig met God, wat met ons praat deur 'n universele taal wat direk tot ons omstandighede spreek — dit...

More

Ons wil graag dankie sê aan Potter's House (Biskop TD Jakes) wie hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.thepottershouse.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid