Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 4 VAN 30

Ek het nie vinnige antwoorde vir jou ongesonde emosies nie, maar ek het insig in die Woord van God vir jou. As jy krag begeer om te oorwin en 'n verlange het na die vermoë om dit te word wat God jou geskep het om te wees, dan sal jy eerste vir sy krag vra. Nadat jy vir die krag gevra het, sal jy wag vir die krag. Terwyl jy wag, sal jy jouself aanhoudend toewy aan gebed.



Gebed verander my. Ek is 'n beter persoon wanneer ek bid. My gesin hou meer van my wanneer ek bid terwyl ek wag. Wanneer ek bid, neem ek wyser besluite en is ek 'n gawer, vriendeliker weergawe van myself. Miskien is die rede hoekom jy nie van jouself tydens oomblikke van emosionele uitbarstings hou nie omdat jy nog nie die krag van die wagperiode ervaar het nie. Die kragtigste mense wat ek ken is mans en vrouens van God wat lief is om op hulle knieë te wag. Om te kniel is nie 'n vreemde of moeilike posisie vir hierdie mense nie, omdat hulle verstaan dat mense wat werklik bid hemelse krag vir hulle daaglikse lewe ontvang.



Moet nooit die belangrikheid van die tyd wat jy daagliks op jou knieë deurbring, onderskat nie. Dit sal jou in staat stel om jou onbeheersde emosies te beteuel. Emosies is moedswillig; soms gewelddadig. Een van die magtigste kragte vir die beheer van 'n persoon se emosies, is knieltyd. Die genesing wat plaasvind in 'n mens se siel wanneer die liggaam in 'n posisie van gebed is, is ewig en wonderbaarlik. Ek kan nie soos Jesus wees sonder om tyd op my knieë in sy teenwoordigheid deur te bring nie.



Ek kan soos Jesus optree al bid ek nie. Ek kan 'n Akademietoekenning wen omdat ek mooi glimlag en positiewe uitdrukkings gebruik terwyl my hart oproerig en my verstand wraaksugtig is. Alhoewel ek weet hoe om die regte woorde te sê, mag jy dalk die rook raaksien wat by my ore uitkom! Jesus begeer nie dat ek bloot sal voorgee om soos Hy te wees nie, maar Hy het 'n begeerte dat ek soos Hy sal wees. Daar is 'n definitiewe verskil. Die verskil vind plaas wanneer ek wag en bid, want dis dan wat Hy die Meester van my emosies en van my gedagtes word.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid