Leesplan inligting

God se Ontwerp vir SeksVoorbeeld

God's Design For Sex

DAG 5 VAN 15

SEKS EN ENKELLOPENDES



Dit wil voorkom asof baie jong mans en vroue die huwelik so lank as moontlik uitstel. Sommige het besluit dat dit nou belangriker is om 'n graad te kry, 'n loopbaan te vestig en die wêreld te sien, as om "wortel te skiet" in die "vervelige roetine van die huislike lewe." Ander skryf die huwelik heeltemal af en kom tot die gevolgtrekking dat die enkellopende lewe vryer, makliker en opwindender is as 'n huwelik.



Daar is net een probleem met hierdie perspektiewe: die meeste van hierdie gesonde, jong volwassenes het steeds 'n sterk seksdrang en 'n diepe begeerte om te weet hoe dit is om "een vlees" met 'n ander persoon te word.



Die oplossing vir baie mense is om seks en huwelik apart te hou – dit kan enige iets inhou van "nooi en kêrel wees", seks met 'n afspraak tot om saam te woon. Maar al hierdie keuses het een ding in gemeen: hulle wil die normale seksuele drang van die mens bevredig sonder om dit aan die huwelik, ouerskap, gesin of permanente verhouding te verbind.



Maar niemand wat glo dat die Bybel die Woord van God is en wat Jesus Christus volg, kan die belangrikheid van kuisheid of die skakel tussen seks en die huwelik, waarvan die Skrif praat, ignoreer nie.



Die Bybel laat natuurlik 'n ander alternatief toe: 'n getroue, selibate lewe van volledige seksuele onthouding. Maar Paulus, sowel as Jesus, dui aan dat selibaatheid 'n seldsame geskenk is. God gee hierdie geskenk slegs aan 'n paar spesiale individue (Matteus 19:10-12; 1 Korintiërs 7:7). Vir die res van ons is die uitdaging om 'n totale sekslose lewe te leef 'n moeilike standaard om te bereik. Daarom is die huwelik so 'n belangrike deel van die goddelike plan vir die gemiddelde gelowige (1 Korintiërs 7:2).



Sommige Christene voel miskien genoodsaak om tot die gevolgtrekking te kom dat God hulle "vir die enkellopende lewe roep". In sommige gevalle mag hulle reg wees. Maar dit kan moeilik en pynlik wees om jouself vasgevang te vind tussen hierdie oortuiging en die werklikheid van 'n gesonde seksdrang. As jy te hard moet veg om jou gevoelens te onderdruk, is dit maklik om te glo dat God wreed en eiesinnig is.



Die Skrif se oplossing is miskien nie maklik haalbaar nie, maar dit is so eenvoudig en opreg soos kan kom: diegene wat worstel met seksuele versoekings en drange, moet ernstig nadink oor die opsie van die huwelik.



Hulle moet vasberade wees om op 'n manier te leef wat teenstrydig is met die aannames van die moderne samelewing en maniere vind om potensiële sielsgenote te soek wat hul oortuigings deel en aan hul wêreldbeskouing onderskryf, of dit nou beteken om by 'n enkellopende groep van 'n plaaslike kerk aan te sluit, of gebruik te maak van aanlyn Christelike afspraakdienste.



Bowenal moet hulle die saak aan gebed onderwerp en God vertrou om in al hul behoeftes te voorsien. Die oplossing is om jou oë op Christus te vestig en om die keuse te maak om seksuele vervulling uitsluitlik vir die huwelik te hou.



Vir meer hulp, besoek "Focus on the Family" of "Pure Intimacy" se webwerf. Jy kan ook die bediening se Beradingsentrum skakel vir 'n gratis konsultasie.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God's Design For Sex

Geldhanteerders by die tesourie, leer om vervalste banknote te identifiseer deur die ingewikkelde patrone wat op die egte geldeenhede voorkom te bestudeer. Net so begin die begrip van die gebrokenheid van seksuele sonde ...

More

Baie dankie aan Focus on the Family wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://family.custhelp.com/app/home

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid