Leesplan inligting

God se Ontwerp vir SeksVoorbeeld

God's Design For Sex

DAG 4 VAN 15

SEKS EN SEDELIKHEID



Wat seks betref, geniet ons God se geskenk van sensualiteit en "vleeslike" plesier ten volle, slegs wanneer dit binne die regte konteks — die huwelik — ervaar word.



Alhoewel die idee van Christelike seksuele sedelikheid dikwels as "onderdrukkend" gekritiseer word, is dit eintlik 'n kwessie van beteueling en aanwending van die mag van seks om dit so doeltreffend as moontlik in ons lewens te maak.



Is jy vertroud met die woord “verkwisting”? Dit verwys na die onnodige vermorsing en verlies aan positiewe energie, wat ontstaan ​​as iets nie behoorlik in toom gehou word nie. Wanneer water byvoorbeeld deur 'n nou kanaal vloei, word ongelooflike krag opgewek. Wanneer dit buite daardie grense bars en oor die land spoel, is daardie krag verlore.



Dit is verkwisting, en die woord het 'n besondere verband met die vraag oor seksuele sedelikheid. Dis wat die skrywer van Spreuke in gedagte gehad het toe hy die volgende verse geskryf het:



Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water:

drink die strome uit jou eie fontein.

Moet jou fontein dan ook die wêreld vol loop,

jou strome water oral heen vloei?

Hulle is tog net joune, en jy sal hulle nie met 'n ander wil deel nie.

Sing die lof van jou eie fontein,verheug jou oor jou eie vrou,

so vol liefde, so mooi soos 'n takbok, soos 'n ribbok.

Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm.

Waarom sou jy jou laat bedwelm deur 'n slegte vrou,

my seun, waarom sou jy in die arms van 'n ander gaan lê?

(Spreuke 5:15-20)



Duidelik is dit nie die woorde van iemand wat "ongemaklik" voel oor seks, die wêreld "vrees" of die skoonheid van die skepping verwerp nie. Sulke poësie vloei nie uit 'n "onderdrukte" siel wat "die vreugdes van die lewe vermy nie", soos sommige kritici van seksuele sedelikheid van mening is.



Inteendeel, dit spreek van 'n diep, buitengewone waardering vir die opwinding en energie van seksualiteit wat onder beheer is. Dit is wat diegene, wat in God glo en sy gebooie onderhou, geïnspireer het om te verklaar: “U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is” (Psalm 16:11).



Dit is een van die bes bewaarde geheime van die "nougesette godsdienstige lewe": al die beste navorsing dui daarop dat die mees seksueel tevrede mense in die moderne samelewing nie die avontuurlustige "swingers" is nie, maar eerder getroue, monogame getroude paartjies.



Dit is dus waaroor die Christelike seksuele sedes eintlik gaan. Dit is nie 'n stel beperkende reëls wat ontwerp is om ons te verhoed om pret te hê nie. Dit is die sleutel tot totale vervulling van ons seksualiteit. Dit is die deur na 'n waarlik bevredigende en oorvloedige lewe op die gebied van huwelike en man-vrou verhoudings.



Vir meer hulp, besoek "Focus on the Family" of "Pure Intimacy" se webwerf. Jy kan ook die bediening se Beradingsentrum skakel vir 'n gratis konsultasie.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God's Design For Sex

Geldhanteerders by die tesourie, leer om vervalste banknote te identifiseer deur die ingewikkelde patrone wat op die egte geldeenhede voorkom te bestudeer. Net so begin die begrip van die gebrokenheid van seksuele sonde ...

More

Baie dankie aan Focus on the Family wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://family.custhelp.com/app/home

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid