Leesplan inligting

God se Pad na SuksesVoorbeeld

God’s Path to Success

DAG 1 VAN 3

Baie mense visualiseer nie sukses soos dit werklik is nie. Hulle soek na vuurwerke, glans en dawerende applous. Ons vermaaklikheidsbedryf en sosiale media, saam met professionele sport, het ʼn onrealistiese beeld geskep van wat dit beteken om as mens suksesvol te wees. Ongelukkig veroorsaak hierdie onwerklike verwagtinge dat ons ware sukses misloop wanneer dit ons pad kruis. Dit kan ook veroorsaak dat ons nie die sukses geniet wat ons wel bereik het nie. Omdat ons dit nie herken nie, jaag ons net die volgende groot ding na. Dan die volgende en die volgende. Ons hardloop soos 'n hamster op 'n wiel in 'n gejaag na wind. 



Omdat ons in ʼn gebroke wêreld leef, bevlek deur sonde en die uitwerking daarvan, kan baie van die mylpale van sukses in ons lewens soos antiklimakse lyk wanneer ons dit bereik. Tensy ons die aard van geestelike sukses verstaan, kan ons eindeloos op reis wees op soek na iets wat al klaar aan ons geskenk is. Sonder ʼn deeglike begrip van koninkryksukses, sal ons nie weet hoe om ons tyd, talente en bronne te gebruik nie. Wat jy ook al saai sal bepaal wat jy oes. Die Satan beïnvloed ons dikwels om in die verkeerde dinge te saai omdat ons begrip van opregte sukses verwronge is. 



Wat is die vernaamste drie dinge of visies waarin jy oor die afgelope paar jaar gesaai het?



Wat was die resultate daarvan en het dit in God se agenda vir sy koninkryk ingepas? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God’s Path to Success

Almal is op soek na sukses, maar nie almal bereik dit nie. Dit is omdat hulle ʼn valse begrip het van wat dit beteken om ʼn suksesvolle lewe te lei. Om waarlik suksesvol te wees, moet jy God se definisie in gedagte hou van...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid