Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

The Armor of God

DAG 5 VAN 5

Ons het geloof met hierdie eenvoudige betekenis omskryf: om op te tree asof God die waarheid praat. 



Waarheid is die skarnier waarop die hele geloofsgevulde lewe rus. As jy nie die waarheid ken nie, kan jy nooit regtig weet hoe om daarvolgens op te tree nie. Die waarheid van God se karakter en sy Woord, verskaf dus die raamwerk waarvolgens ons geloof kan groei en vermeerder. 



Dit is juis die waarheid wat geloof in God die moeite werd maak. Sonder die waarheid het ons niks stewigs om ons skild van geloof aan op te hang nie. Om die waarheid van God en die waarheid oor God, soos dit in sy Woord geopenbaar is, te ken, is dus van kritieke belang as ons ons geloof verantwoordelik wil uitleef en die voordele ervaar om deur ons skild beskerm te word. 



Enige bespreking oor geloof sou dus onvolledig wees sonder om te benadruk hoe belangrik dit is om die stem van God duidelik en akkuraat te hoor. As ons nie versigtig is nie, kan geloof maklik oorgaan tot dwaasheid — ondeurdagte, impulsiewe, selfs roekelose en gevaarlike gedrag, asof dit in geloof gedoen is. Ware geloof moet altyd ten volle gebou word op die fondament van God se geskrewe Woord, omdat sy Gees jou lei om dit in jou lewe toe te pas. 



Hoe sou jy die verskil tussen geloof en dwaasheid beskryf? Wat keer dat iemand die grens tussen die twee oorsteek? As gelowiges, het ons die voorreg om sy rigting vir ons te ken terwyl ons dit biddende soek. Hy sal getrou wees om aan ons die waarheid te wys en om ons sy rigting aan te wys vir die volgende tree wat ons veronderstel is om te neem. Om die volgende tree vol vertroue en sekerheid te gee, is in werklikheid van kritieke belang om ons te help om gebalanseerd te bly, terwyl ons 'n lewenswyse navolg wat deur die skild van geloof beskerm word. 



Wanneer jy eers duidelik weet wat God se waarheid of God se belofte ten opsigte van 'n saak is, het dit tyd geword om vorentoe te beweeg op 'n manier wat dit weerspieël. Luister versigtig hierna — jou gevoelens kan nooit die finale bepalende faktor vir jou optrede wees nie. Gevoelens verander en is onderworpe aan eksterne stimulering. Optrede wat in geloof geneem is, moet in iets solieder en stewiger geanker wees. Ons God is waarheid en werd om gevolg te word. Hy is altyd daar — Hy is baie magtiger die Satan — om na jou benoude gebede te luister, sy vreeslose beloftes te herbevestig en die volgende bietjie lig te verskaf wat ons nodig het om stadig maar seker in sy rigting te beweeg. 



Soldate, tel julle skilde op, want ons loop in geloof.



Vir meer van hierdie leesplan, wat 'n video insluit deur Priscilla Shirer, besoek lifeway.com/armorofgod.  






Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Armor of God

Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om in alles wat vir jou belangrik is, amok te maak: in jou hart, denke...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/armor-of-god?vid=armorofgod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid