Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

The Armor of God

DAG 2 VAN 5

Paulus het nie net gebid dat die gelowiges in Efese hulle oorvloedige erfenis van geestelike rykdom, seëninge en gesag sou ontvang nie, maar dat hulle ook sou besef dat dit hulle s'n is. As Christene het hulle reeds hierdie dinge besit, net soos ons, maar van watter nut kon dit wees as hulle dit nie besef het nie? 



In werklikheid is die geestelike wapenrusting wat hy in Efesiërs 6 beskryf, bloot 'n herhaling — of 'n ander omskrywing — van wat Paulus in die eerste gedeelte van sy brief verduidelik het. Hoe kon hulle tog die wapenrusting "aantrek" en "op hulle pos bly" as hulle nie eens geweet het dat hulle dit het nie? Vir hulle was die eerste tree — en ook vir ons — dat ons geestelike oë oopgemaak word, sodat ons van die geestelike gawes en wapenrusting wat aan ons gegee is, bewus word om dit te kan benut. 



Die verhaal in 2 Konings 6, van Elisa en sy slaaf, wat nie die Here se leërmag kon sien nie, is een van my gunsteling Bybelverhale. Die toneel speel af waar die woedende koning van Aram gereedmaak vir 'n oorlog teen die Israeliete. 



Met die eerste oogopslag sien Elisa se slaaf net die vyand, wat hom waarskynlik met vrees en angs gevul het. Dan verander die prentjie heeltemal wanneer die geestelike werklikheid by hom posvat: daar was baie meer tot sy beskikking, en namens hom aan die werk, as wat hy ooit kon droom. Wat hy fisiek kon sien, was nie naastenby wat hy nié kon sien nie. Elisa se gebed het dit moontlik gemaak dat hy bewus kon word van al die hulpmiddels en krag wat aan sy kant teen die vyand geveg het. 



Om dus selfversekerd en oorwinnend te wees, moet jy in staat wees om dit te kan "sien". 



In Efesiërs 1 beklemtoon Paulus net 'n paar van die gawes wat God ons gegee het. Daar is nog baie meer en elkeen is spesifiek aan jou geestelike wapenrusting verbind. Die eerste sleutelpunt, om te verstaan hoe dit inpas met jou vermoë om die vyand vas te pen, is visie. Jy kan dit nie gebruik as jy nie van hul beskikbaarheid bewus is nie, en hul belangrikheid om suksesvol teen die vyand oorlog te voer nie. 



Oorwinning begin nou. Dit begin vandag. Dit begin met 'n gebed vir visie. Sluit dan by Paulus aan om die Here te vra dat Hy jou oë sal oopmaak, sodat jy nie net die vyand se bedrywighede kan raaksien nie, maar dat jy ook ten volle bewus sal wees wat God jou gegee het om die vyand in jou lewe te ontwapen en te verslaan.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Armor of God

Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om in alles wat vir jou belangrik is, amok te maak: in jou hart, denke...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/armor-of-god?vid=armorofgod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid