Leesplan inligting

Word Herskep om te HerskepVoorbeeld

Be Transformed To Transform

DAG 1 VAN 3

GOD SE ROEPING EN ONS PERSOONLIKE HERSKEPPING



“Van Paulus, wat deur die wil van God geroep is om 'n apostel van Christus Jesus te wees, ...” (1 Korintiërs 1).



Voordat hy deur God geroep is, was Paulus op 'n sending om die kerk — die volk van God — te vervolg. Die Joodse raad in Jerusalem het vir hom die gesag gegee om die volgelinge van Jesus Christus te vervolg. Terwyl hy egter op pad was na Damaskus, het God hom ontmoet en vir hom gewys wie Paulus is en wie Paulus sou wees.



Daardie ontmoeting met God het 'n persoonlike lewensverandering teweeggebring. Dit het hom gehoorsaam gemaak aan God se stem en om ander te waardeer. Hy was nie meer dieselfde man nie.



Die vernuwe Paulus, het dieselfde mense wat hy vervolg het, in sy brief aan die gemeente van Korinte "... die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges ..." genoem (vers 2 AFR53). Ten spyte van die uiteenlopendheid, het hy die kerk begin sien as Christus se liggaam wat aan God behoort en dat God aan die Jode sowel as die heidene behoort het.



Hy het die kerk bewonder as 'n plek waar God se volk sy genade en vrede ervaar het. Regdeur die sendbriewe bid hy vir God se genade en vrede vir die kerk — die volgelinge van Christus. Die hedendaagse kerk bid nog steeds dieselfde gebed.



Van 'n vervolger van die kerk tot ondersteuner van die kerk, het Paulus se lewe 'n ingrypende verandering ondergaan as gevolg van daardie ontmoeting met God. 'n Ontmoeting wat hy nie verwag het nie, veral omdat hy op pad was om dieselfde God te vervolg. Dikwels kom ons in opstand teen God.



Dit is presies waar Hy ons ontmoet! Dit is wanneer en waar Hy ons wys wie ons is en wie ons moet wees. Hy bekwaam ons volgens sy genade en herskep ons. Al wat ons hoef te doen is om na die Woord van God te luister, Hom te gehoorsaam, weg te draai van ons ou weë en gereed te wees om herskep te word. As ons God toelaat om in ons lewens op te tree, is Hy getrou om van die ou mens ontslae te raak en vir ons 'n splinternuwe begin te gee, wat nie net vir ons 'n seën sal wees nie, maar ook vir die komende geslagte.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Be Transformed To Transform

Ervaar God se roeping en verstaan sy doel vir ons. Om 'n lewe van getuienis te lei en ander van sy reddende genade te vertel. Om die teenswoordige tyd met 'n hoop vir die toekoms te oortref. Om te lewe as 'n waardige uit...

More

Baie dankie aan C. JEBARAJ, Inwonende Direkteur by Amazing Love Home, Chennai, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: jebaraj1.blogspot.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid