Leesplan inligting

Vrede vir KindersVoorbeeld

Peace for Kids

DAG 6 VAN 8

Sê dit saam: 



Wanneer die lewe stormagtig, somber en grys word, 



ervaar ek vrede deur God en sy goeie weg te vertrou.



As jy kyk hoe 'n netbalspeler 'n vrygooi skiet, probeer die mense agter die doelpaal om die speler se aandag af te trek sodat sy die doel mis! Die beste spelers oefen baie hard sodat hulle die afleidings kan ignoreer en daarop fokus om die bal in die mandjie te skiet.



Jy kan leer by die beste netbalspelers. Moeilike tye mag dalk stormagtig voel en probeer om jou aandag af te lei, maar met genoeg oefening kan jy die storm ignoreer en op Jesus fokus. Elke keer wat jy bekommerd of bang voel, praat met Jesus daaroor. Dink aan wat regtig waar is: Hy het ons lief, Hy is by ons en Hy is in beheer. Wanneer ons Jesus so vertrou, vind ons vrede omdat ons ons aandag op Hom fokus. 



Kyk saam na hierdie video




Praat saam



· Uitdaging: Wie kan die Bybelvers die hardste opsê en die bewegings doen?



· Wat is die gedagtes wat jou bekommer of jou aandag aflei?



· Wat is van die waarhede van Jesus waaraan jy kan dink wanneer jy bekommerd voel of jou aandag afgelei word?



Bid saam



Vader, dankie dat U vir ons vrede belowe wanneer ons op U vertrou. Help ons om ons gedagtes op U te fokus. In die Naam van Jesus. Amen.



Lees saam



Lees die Bybelvers vir vandag. Neem beurte om te deel waaraan dit jou laat dink. Vra vir mekaar vrae waaraan dit jou laat dink.



Nota: As jy die vers lees in 'n vertaling wat verskil van die een wat in die video gebruik word, praat oor wat dieselfde is en wat verskillend is van elke vertaling.



  


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Peace for Kids

Vrede. Dit is meer as net rustig wees, veelkleurige hemde en gemoedsringe. Vind blywende vrede as 'n gesin saam — dis 'n geskenk van Jesus wat ons nooit verlaat nie. Vir ouers: Hierdie leesplan is ontwerp vir gesinne. Jo...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid