Leesplan inligting

Vrede vir KindersVoorbeeld

Peace for Kids

DAG 1 VAN 8

Sê dit saam: 



Wanneer ons kies om vir Jesus te volg, 



gee Hy aan ons vrede wat ons nooit verlaat nie.



Het jou ma of pa al ooit vir jou gevra om iets te doen en dan vergeet jy om dit te doen? Dit het moontlik gebeur omdat jou aandag afgetrek was. Dalk het jy aan iets anders begin dink of jy het iets gesien wat interessant was. Afleidings neem jou fokus weg van dit wat belangrik is en plaas dit op iets minder belangrik.



In vandag se Bybelverhaal, is Marta se aandag afgelei deur baie dinge. Sy het opgehou om Jesus se vrede te voel. Maria het onthou wat die beste is: bly gefokus op Jesus. Jesus se vrede is altyd by jou, maar wanneer jy tyd met Hom deurbring, sal jy dit baie meer voel.



Kyk hierdie video saam




Praat saam



· Deel een ding wat jy onthou van die Bybelverhaal.



· Wat dink jy is die beste dinge om op te fokus?



· Wat weerhou jou daarvan om tyd met Jesus deur te bring?



Bid saam



Vader, dankie dat wanneer ons naby U is, ons vrede kan ervaar. Help ons om afleidings te ignoreer en op U te fokus. In die Naam van Jesus. Amen.



Lees saam



Lees die Bybelverhaal vir vandag. Neem beurte om te sê waaraan dit jou laat dink. Vra vir mekaar enige vrae waaraan dit jou laat dink.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Peace for Kids

Vrede. Dit is meer as net rustig wees, veelkleurige hemde en gemoedsringe. Vind blywende vrede as 'n gesin saam — dis 'n geskenk van Jesus wat ons nooit verlaat nie. Vir ouers: Hierdie leesplan is ontwerp vir gesinne. Jo...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid