Leesplan inligting

Geloof Soos ’N MosterdsaadVoorbeeld

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

DAG 7 VAN 7

Leef tot voordeel van ander


Wat ’n voorbeeld stel die Here Jesus Christus nie vir ons nie! Hy het letterlik deur hel gegaan aan die kruis op Golgota, en tog kon Hy steeds afkyk na sy ma en die apostel Johannes en vir hulle sê: “Ma, Johannes gaan nou u seun wees,” en: “My broer, my ma sal nou jou ma wees. Sorg vir haar.” Die Bybel sê van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis ingeneem.


Dit is die teenoorgestelde van wat in hierdie wêreld gebeur. In hierdie wêreld veg elkeen net vir homself. Jy doen wat jy kan doen en gee nie om vir enigiemand anders nie. Mag God ons genadig wees.


Johannes 12:24 sê: “Ek verseker julle, as ’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy ’n groot opbrengs.” My grootste vyand is Angus Buchan, nie die duiwel nie. Wanneer selfsug, selfbehoud en selfgesentreerdheid by die arena inkom, is ek in die moeilikheid. Wanneer ek myself verloën, my kruis optel en vir Jesus volg, dan begin dinge in my lewe verander.


Vergeet vandag van jouself en begin dink aan ander. Jy sal sien hoe jou probleme skielik onbenullig raak. Wanneer jy op ander se behoeftes fokus, lyk jou probleme nie naastenby so erg soos hulle s’n nie.


Jesus het Homself elke reg ontsê, tot aan die einde. Hy het alles gedoen wat Hy moes doen voordat Hy huis toe gegaan het om by sy Vader te wees. Voordat Hy gesterf het, het Hy selfs seker gemaak iemand sorg vir sy ma, en dat sy dierbare en baie spesiale dissipel ’n ma gekry het. Watter ongelooflike liefde!


Dit is wat die wêreld vandag van my en jou nodig het. Dit is maklik om God te loof en Hom as ons Here en Verlosser te erken wanneer alles in ons lewe vlot verloop. Dit verg egter besonderse toewyding om steeds die Naam van Jesus te verheerlik wanneer die lewe nie so goed is nie, wanneer ons ly en swaarkry. Wat jy ook al vandag doen, doen dit tot voordeel van ander eerder as vir jouself. God sal dan in elke behoefte van jou voorsien.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid