Leesplan inligting

Geloof Soos ’N MosterdsaadVoorbeeld

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

DAG 2 VAN 7

Bring tyd by God deur


Jesus het Hom gereeld aan die skare onttrek om tyd in gebed deur te bring. Dit lyk selfs vir my hoe besiger Hy geword het, hoe meer tyd het Hy alleen in die teenwoordigheid van sy Vader-God deurgebring. As dit nodig was dat die Seun van God dit moes doen, hoeveel te meer het ek en jy dit nie nodig nie! Want dit is in die stilte dat die sagte stem van God met ons kan praat. Dit is dan dat ons nuwe krag kan kry en soos ’n arend kan vlieg (Jes. 40:31).


Dit is in tye van stilte dat ons duidelike opdragte van God kan ontvang oor wat ons volgende moet doen. Dit is in die afsondering “op die berg” in die teenwoordigheid van God dat ons geloof groei, eenvoudig omdat ons ’n nuwe perspektief op ons prioriteite kan kry en God met ons kan praat. Dan besef ons opnuut hoe groot God is en hoe klein ons is; ons sien hoe magtig God is en hoe onbenullig ons probleem is.


Ons kan hierdie deurslaggewende insig in die teenwoordigheid van God ontvang en dan word die sogenaamde hindernisse op ons pad heeltemal onbelangrik. Ons prioriteite word duidelik en ons begin dinge in die regte volgorde plaas: God eerste, dan ons eggenoot, ons familie, ons bediening, gevolg deur ons ondernemings en ander belange. Dan sal ons vind dat ons eintlik meer tyd tot ons beskikking het, want ons ontvang die bloudruk vir hoe om ons lewe te orden direk van God. God sê: “Wees stil en weet Ek is God!” (Ps. 46:11).


’n Blinde prediker met die naam George Matheson (1842-1906) het gesê in ons uur van nood kan ons nie die stem van God hoor nie; net in die stilte wanneer ons op God wag, word sy stem helder en duidelik. Matheson het ook gesê: “God se stem vra die stilte van ons binneste. Om van God te hoor en jou hartsbegeerte te ontvang, moet jy dus tot rus kom.” Dit is net wanneer jy jou hart, wat so vinnig klop weens al jou bekommernisse, toelaat om te bedaar en die onbenullige probleme van hierdie deurmekaar wêreld in onbelangrikheid laat vervaag, dat jy die stem van die almagtige God duidelik kan hoor.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid