Leesplan inligting

Vreugde Vir VandagVoorbeeld

Vreugde Vir Vandag

DAG 3 VAN 5

Vertrou op die bron van vreugde en blydskap


As jy op die oomblik meer moeilikhede as vreugdes in jou lewe kan tel, is dit goed om te onthou wie jou bron van hoop en vooruitsig is. Die skaduwees van teenspoed kan dalk die seëninge in jou lewe dowwer laat lyk, maar dit kan dit nie uitvee nie. Teenspoed bring dalk tydelike blindheid, maar God is haastig vir jou om weer sy lig te sien. 


Miskien kan jy vandag die geleentheid gebruik om vir God dankie te sê vir elke seëning waaraan jy kan dink. Sê vir Hom dankie vir ’n warm bed waarin jy veilig kan rus. Sê vir Hom dankie vir familie en vriende en versorgers en vir almal wat jou geestelik ophef. Sê vir Hom dankie vir die geleenthede wat Hy elke oomblik van elke dag vir jou gee om na Hom toe uit te reik, jou probleme met Hom te deel en na sy leiding te soek. 


Jou Lig en die Bron van die goeie in jou lewe is veel sterker as dié dinge wat jou gees wanhopig maak. Skuif daardie skaduwees eenkant toe en draai jou gesig na die son. Die Heilige Gees sal jou troos en jou seën en jou hart vol vrede maak. God soek altyd die beste vir jou en Hy is elke oomblik van die dag by jou.


Thomas Brooks het geskryf: “Alles waarop ’n mens steun, benewens God, sal ’n spies word wat uiteindelik sy hart sal deurboor. Hy wat slegs op Christus steun, lei die hoogste, beste, veiligste en mees volmaakte lewe.” 


Ons moet bewus wees van waarin ons ons vertroue plaas. Met Brooks se woorde in gedagte kan ons dalk met nuwe oë kyk na die plekke wat ons as ons skuilings beskou. Die boodskap is dat enigiets wat nie deel van Christus is nie uiteindelik wankelrig raak en selfs tot groot hartseer kan lei. Bankrekeninge loop leeg, aandele verloor hulle waarde, liefde verdwyn – maar Jesus bly dieselfde. Jesus wil hê ons moet op Hom steun, want Hy is ons Rots, die Een wat altyd daar sal wees vir ons. 


Die psalmskrywer raai ons aan om te juig en vrolik te wees oor ons vertroue in God. Hy sal ons tot ons sterwensdag toe beskerm. As jy nog steeds nie hiervan seker is nie, gaan kyk weer na die dinge waarop jy in die verlede vertrou het en kyk waar is daardie dinge vandag. God is gister, vandag en môre presies dieselfde. Hy hou jou in die palm van sy hand. Jy kan altyd op Hom vertrou.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde Vir Vandag

Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan H...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid