Leesplan inligting

Vreugde Vir VandagVoorbeeld

Vreugde Vir Vandag

DAG 1 VAN 5

Wees sterk en moenie bang wees nie


Ons almal raak by tye moedeloos. Om ’n mens se drome na te jaag, is riskant. Niks wat die moeite werd is, kom vanself nie – en veral as ’n mens glo dat God die dryfkrag agter die verlange in jou hart is, is dit maklik om rusteloos en ongeduldig te raak wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. 


Sulke oomblikke van moedeloosheid is gelukkig net tydelik en gewoonlik die gevolg van ’n situasie wat buite jou beheer voel. Die goeie nuus is dat alles inderdaad buite jou beheer is – en dit is ’n goeie ding! Die beste ding wat ’n mens kan doen, is om alle hoop en alle begeerte onder alle omstandighede aan God toe te vertrou. Hy is in beheer. Hy weet wat om te doen. 


Vandag wil Hy jou daaraan herinner om nie bang te wees nie. Laat Hom toe om jou weer op jou voete te help en die son op jou gesig te voel. Hy sien jou en weet wat die beste roete vir jou is om te volg. Vertrou Hom met jou bekommernisse en glo dat Hy jou tot oorwinning sal lei. Dit is sy belofte aan jou. Moenie bang wees nie! 


Ons hele wêreld wemel van tekens. Verkeerstekens dui aan wanneer ons moet stilhou en wanneer ons mag ry. In kantoorgeboue is daar tekens om te wys waar die uitgange is. Die skrywer van Korintiërs wil ook jou aandag op sekere tekens vestig sodat jy met vaste geloof en met doelgerigtheid vorentoe kan beweeg.


Geloof bring vir jou Goddelike tekens wat jou help om te onderskei wanneer jy moet stilstaan en wanneer jy moet aanhou beweeg. Elke keer wanneer jy nadink oor die volgende stap om te neem, beweeg jy nader aan God se teenwoordigheid. Jy weet dat Hy jou sien en bewaar. 


God wil hê sy kinders moet waaksaam wees, sy hand raaksien en sy stem hoor. Jy wil niks op jou eie doen nie. Jy is sterk, maar jou krag kom van die Here; daarom is die veiligste plek vir jou om reg langs Hom te staan. 


Sy krag sal jou moed gee. Sy stem sal jou ’n groter begeerte gee om sy liefde met ander te deel. Soek vandag in alles wat jy doen na tekens van sy teenwoordigheid. Jy is dalk verras oor hoe dikwels jy Hom naby jou voel. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde Vir Vandag

Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan H...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid