Leesplan inligting

Wanneer, Here?Voorbeeld

When, God?

DAG 6 VAN 7

GEBED:



Vader, gee my geduld wanneer dit voel asof U uitstel om my gebede te beantwoord. Leer my om met geloof en hoop op U te wag.



LEES:



Wanneer God Laat is— Deel 2



Ons gaan voort met die verhaal van Lasarus se dood. Sy susters, Maria en Marta, het 'n boodskap na Jesus gestuur om na hulle te kom toe Lasarus siek geword het, maar Hy daag nie op nie. Nadat Lasarus al begrawe is, het Jesus uiteindelik met sy dissipels daar aangekom.



"Toe Jesus daar kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was" — Johannes 11:17.



Terwyl Lasarus siek was het Maria en Marta na hom omgesien. Hulle het 'n boodskap na Jesus gestuur, in volle vertroue dat Hy sou kom. Hulle het gewag. Later het Lasarus gesterf, maar steeds het Jesus nie opgedaag nie. Lasarus is in 'n graf neergelê, 'n steen is voor die graf gerol en hulle het oor hom begin rou. Nog steeds was daar geen teken van Jesus nie. 



Is dit nie presies waar ons onsself ook soms in die lewe bevind nie? Dit kom voor asof God nie aandag gee nie, Hy is belangeloos en stel uit om ons te help. Dan dink ons: Vader, ek het gedink U gee vir my om. Jesus skep hierdie omstandighede vir Maria en Marta sodat ons hoop kan hê vir die toekoms. Dit is hóé belangrik ons Verlosser hierdie les ag.



Die vier dae wat Lasarus in die graf was, is ook belangrik. Gedurende die eerste eeu het mense geglo dat die gees van 'n persoon vir drie dae oor die dooie liggaam sweef en eers na drie dae weggaan. Dus was daar vier dae later geen hoop dat Lasarus se gees nog daar was om na sy liggaam terug te keer nie.



"Toe Marta hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan; maar Maria het in die huis bly sit" — Johannes 11:20.



Waarom dink jy het Maria by die huis gebly? Sy was kwaad. Marta het egter uitgegaan om Jesus te ontmoet.



"Marta sê toe vir Jesus: 'Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie'" — Johannes 11:21.



Met ander woorde: Dit is u skuld! 



"Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra”— Johannes 11:22.



Dit is hoe Jesus op haar reageer:



"Jesus sê toe vir haar: 'Jou broer sal uit die dood opstaan.' Maar Marta sê vir Hom: 'Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan'”— Johannes 11:23-24.



Jesus sê toe iets wat 'n mens jou wenkbroue laat lig, of wat 'n bedrieër sou sê, of dalk wat die Seun van God sou sê. Hy kyk na hierdie ongelukkige, verwarde, emosionele vrou wat vir haar broer lief was en gedink het dat sy weet wié Jesus is. Hy antwoord egter vir haar wat Hy ook vandag vir jou en my sê. 



"Toe sê Jesus vir haar: 'Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie'” — Johannes 11:25-26.



Marta is onder die indruk dat die opstanding 'n gebeurtenis is, en dit is. Sy dink dat die opstanding in die toekoms lê, en dit is ook so. Jesus sê egter vir haar: "Ek is die opstanding en die lewe."



Dan vra Jesus die vraag wat Hy vir jou ook vra.



"... Glo jy dit?" — Johannes 11:26.



Glo jy steeds dat Ek die een is wat jy gedink het Ek is, al het Ek nie opgetree soos jy wou hê nie?



“'Ja, Here,' sê sy vir Hom, 'ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.'”— Johannes 11:27.



More sluit ons die verhaal van Lasarus af. Ons sien die hoop wat Jesus aan Marta en Maria gee, asook aan elke ander mens — die hoop wat Hy vir elkeen van ons ook gee.



NADENKE:



Hoe sal jy reageer op die vraag wat Jesus aan Marta gevra het? Glo jy dat Jesus is wie Hy sê Hy is? 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

When, God?

Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van noo...

More

Baie dankie aan "North Point Community Church" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://northpoint.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid