Leesplan inligting

Wanneer, Here?Voorbeeld

When, God?

DAG 2 VAN 7

GEBED:



Here, help my om in tye wanneer dit voel asof U stil is, te kies om te vertrou dat U in my omstandighede werk.



LEES:



Wanneer God Nie Aandag Skenk Nie – Deel 2



Vandag sit ons die verhaal van Johannes die Doper voort. Hy was aan God gehoorsaam, maar is nogtans gevange geneem. Jesus los hom daar, sonder om enige hulp aan hom te verleen. 



"Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge 'n boodskap aan Hom gestuur om te vra: 'Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?'" – Matteus 11:2-3b.



Johannes wat aan die dissipels gesê het dat Jesus die Een is, twyfel nou. Soms kan omstandighede wat skielik verander, 'n groot invloed op jou vertroue in God maak. Ondanks alles wat hy gesien en geweet het, begin Johannes te twyfel. 



In sy reaksie op hierdie vraag sê Jesus nie: "Natuurlik is Ek die Een! Gaan terug en vertel hom dat ek wel die Een is." Of: "Ek is die Een en ek is op pad om hom uit die gevangenis te bevry!" Hy sê egter:



"Jesus antwoord hulle: 'Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien'" — Matteus 11:4.



Jesus wou hê die dissipels moet aan Johannes gaan vertel wat God buite sy tronksel doen, want Johannes was 'n gevangene van wat hy kon hoor en sien. 



"Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig" — Matteus 11:5.



Die belangrikste gedeelte kom nou:



"En gelukkig is die mens wat nie aan My aanstoot neem nie" — Matteus 11:6 AFR20.



Dit beteken dus dat enigeen geseënd is as hy of sy nie aanstoot neem oor wat Jesus doen of nie doen nie. Waarom sou Jesus dan enigiets doen sodat Johannes kan aanstoot neem? Was daar iets oor Johannes waarvan Hy nie gehou het nie? Dis wat Jesus sê:



"Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie" — Matteus 11:11.



Jesus het gedink dat Johannes die grootste man is wat tot op daardie stadium ooit gebore is. Tog gaan Johannes in die gevangenis bly, ongeag hoeveel geloof hy het of hoe gehoorsaam hy was. Hy gaan in die gevangenis bly omdat dit deel van God se plan is. 



Net soos met Johannes, klop jou omstandighede nie noodwendig met hoe God oor jou voel nie. Die bewys hoe God oor jou voel, is die gebeure by die kruis, nie wat by die huis, die skool of die werk gebeur nie. Moenie die fout maak om jou geloof afhanklik te maak van wat God onlangs vir jou gedoen het nie. Wanneer dit voel of God deesdae nie aandag gee nie, of nie beskikbaar is nie — kyk dan agtertoe en onthou. Kyk buite jou omstandighede verby — buite jou tronkmure — en dink na oor wat God doen. 



Johannes se verhaal het nie goed geëindig nie. Herodus verjaar en Herodias stuur haar dogter uit 'n vorige huwelik om vir hom te gaan dans. Aan die einde van die dans, sê hy vir die dogter hy sal haar enigiets gee wat sy wil hê. Op haar ma se aanbeveling, vra sy die kop van Johannes op 'n skinkbord. Die koning roep sy soldate en hulle onthoof Johannes. Nie lank daarna nie, het die godsdiensleiers betaal om Jesus te verraai, te arresteer en te kruisig, en God het dit nie verhoed nie.



Alhoewel dit voorkom asof God niks gedoen het nie, dat Hy veraf was, nie aandag geskenk het nie, laat was — was God presies waar Hy wou wees. Die gebeure het presies ontvou soos Hy dit wou hê. Wanneer God stil is, is hy nie afwesig nie. God gee aandag, Hy is besorg en Hy is nooit, ooit laat nie. 



NADENKE:



Het jy al ooit ervaar dat jou vertroue in God geweifel het omdat jou omstandighede verander het? Dink na hoe Jesus se reaksie op Johannes die Doper, jou siening mag beïnvloed van God se aandag aan jou en sy omgee vir jou gedurende tye van swaarkry. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

When, God?

Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van noo...

More

Baie dankie aan "North Point Community Church" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://northpoint.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid